Watsonia fergusoniae is 'n geofiet wat tot die genus Watsonia behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor vanaf die Agulhasvlakte tot by die Gouritsrivier. Die plant word bedreig deur indringerplante en te veel blomme wat gepluk word.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika fergusoniae