duimnael|regs|Die koerant se handelsmerk Die Algemeen Dagblad of AD is 'n Nederlandse dagblad uitgegee in Rotterdam, Nederland.

Geskiedenis Die Algemeen Dagblad is in 1946 gestig. Die koerant se hoofkwartier is geleë in Rotterdam. Dit fokus op nuus wat betrekking het op die streek waarin dit geleë is, wat die stede en streke rondom Rotterdam, Utrecht en Den Haag insluit.Newspaper evaluation sheet European University Institute. Opgespoor op 21 Maart 2015. In Suid-Holland en Utrecht word dit saam met plaaslike dagkoerante gepubliseer en versprei. Die nasionale uitgawe word regdeur die land versprei en verkoop. AD word besit deur DPG Media (tot 2019 bekend as De Persgroep) en gepubliseer deur PCM Uitgevers NV.

AD sluit 'n aanvullende streeksuitgawe in, in die distrikte wat voorheen gedien is deur hierdie streekskoerante. Twee van hulle, die AD Haagsche (vir die Den Haagse streek) en die AD Rotterdams Dagblad (vir die Rotterdamse streek) word albei uitgegee in 'n oggend- en aanduitgawe.

Rotterdams Dagblad -> AD Rotterdams Dagblad Goudsche Courant -> AD Groene Hart Rijn & Gouwe -> AD Groene Hart Haagsche Courant -> AD Haagsche Courant Utrechts Nieuwsblad -> AD Utrechts Nieuwsblad Amersfoortsche Courant -> AD Amersfoortsche Courant De Dordtenaar -> AD De Dordtenaar Dagblad Rivierenland -> AD RivierenlandHoofredakteure Jan Schraver 1946–1947 G.N. Leenders 1947–1949 G.A.W. Zalsman 1949–1950 Jacques Ratté 1950–1958 Anton van der Vet 1958–1968 Huibert Nicolaas Appel 1968–1974 Ron Abram & Karel Giel 1975–1980 Ron Abram 1980–1993 Peter van Dijk 1993–2000 Oscar Garschagen 2000–2003 Willem Ammerlaan 2003–2004 Jan Bonjer 2004–2009 Peter de Jonge 2009–2010 Christiaan Ruesink 2010–2016Hans NijenhuisSedert 2016

Sirkulasie Van 1995 tot 1996 het AD 'n oplaag van 401,000 eksemplare gehad, wat dit die tweede beste verkoper in die land gemaak het. In 2001 was sy oplaag 335,000 eksemplare. In 2013 was die koerant na De Telegraaf'' in tweede plek wat sy aantal inskrywers betref. Na samesmelting met sewe streekskoerante op 1 September 2005 en 'n voortgesette daling in lesersgetalle het dit in 2014 'n gemiddelde gesamentlike oplaag van 365,912 eksemplare gehad. In 2017 het dié oplaag egter gedaal tot 341,249.

Verwysings

Kategorie:Koerante