Hierdie artikel handel oor die algemene geskiedenis van die wêreld en die mensdom. Vir ’n artikel oor die vakgebied, sien Geskiedenis (vakgebied). Vir die volledige geskiedenis van die aarde, sien Geskiedenis van die Aarde. Vir die mens se evolusionêre geskiedenis, sien Menslike evolusie.

Die wêreldgeskiedenis, ook bekend as die menslike geskiedenis, is die beskrywing van die wêreld en die mens se verlede. Kennis word ingewin deur middel van argeologie, antropologie, genetika, linguistiek en ander dissiplines; en vir die tydperke sedert die uitvinding van skryf uit aangetekende bronne en deur sekondêre bronne en studies.

Die mens se geskrewe geskiedenis is voorafgegaan deur die voorgeskiedenis, wat begin het met die Palaeolitiese Era (Ou Steentydperk), gevolg deur die Neolitiese Era (Nuwe Steentydperk). Tydens die Neolitikum het die Landbouomwenteling begin, tussen 10000 v.C. en 5000 v.C. in die Nabye Ooste se Vrugbare Halfmaan. In dié tyd het die mens begin met die stelselmatige domestikering van plante en diere. Namate landbou meer gevorderd geraak het, het die mens verander van nomades in boere met ’n gevestigde leefwyse in permanente nedersettings. Die relatiewe sekuriteit en groter produktiwiteit wat landbou teweeggebring het, het gemeenskappe toegelaat om in al hoe groter eenhede te ontwikkel, aangehelp deur die uitvinding van vervoer.

duimnael|220px|links|Piramideteks in Saqqara, Egipte, 24ste eeu v.C. duimnael|links|220px|links|Die Parthenon, Atheense Ryk. In prehistoriese sowel as historiese tye moes die mens altyd naby betroubare bronne van drinkwater wees. Nedersettings het so vroeg as 4000 v.C. in Iran ontstaan,People, "New evidence: modern civilization began in Iran", 10 Aug 2007 , besoek op 1 Oktober 2007 die Indusriviervallei, aan die oewers van Egipte se Nylrivier en aan die riviere van China. Namate landbou ontwikkel het, het graanverbouing moderner geraak en werkers genoodsaak wat voedsel tussen groeiseisoene kon berg. Arbeidsposte het gelei tot die ontwikkeling van ’n hoër stand en stede, wat die fondament vir die beskawing verskaf het. Die groter kompleksiteit van menslike gemeenskappe het eindelik boekhou- en skryfstelsels nodig gemaak.

Met die beskawing wat vooruitgegaan het, het ryke gekom en gegaan tydens die antieke geskiedenis ("laat oudheid", insluitende die klassieke oudheid, tot omstreeks 500 n.C.) In die postklassieke tydperk (Middeleeue, omstreeks 500-1500 n.C.) het die opkoms van die Christendom, die goue era van die Islam (omstreeks 750-1258 n.C.) en die Timoeridiese en die Italiaanse Renaissance (van omstreeks 1300 n.C. af) plaasgevind. Die bekendstelling van drukwerk in Europa het gelei tot ’n omwenteling in kommunikasie en die beskikbaarheid van inligting. Dit het die einde van die Middeleeue en die begin van die Wetenskapomwenteling bespoedig. Die vroeë moderne tydperk, van omstreeks 1500 tot 1800, het die tydperke van die Verligting en van ontdekking ingesluit. Teen die 18de eeu het die versameling van kennis en tegnologie ’n stadium bereik dat dit gelei het tot die Nywerheidsomwenteling en die begin van die laat moderne tydperk, wat omstreeks 1800 begin het en tans voortduur.

Die stelsel van historiese tydperke (wat die geskiedenis indeel in die oudheid, postklassieke, vroeë moderne en laat moderne tydperke) is ontwikkel vir en is van toepassing op die geskiedenis van die Ou Wêreld, veral Europa en die Mediterreense streek. Buite dié gebied, insluitende antieke China en Indië, lyk die historiese tydlyn anders. Teen die 18de eeu het die geskiedenisse van die meeste beskawings danksy uitgebreide wêreldhandel en kolonisasie aansienlik vervleg geraak, ’n proses wat bekend is as globalisering. In die laaste kwartmillennium het die tempo van bevolkingsgroei, kennis, tegnologie, kommunikasie, handel, verwoesting deur wapens en omgewingsagteruitgang grootliks versnel en geleenthede en gevare sonder presedent geskep wat die wêreld se gemeenskappe nou in die gesig staar.

Voorgeskiedenis

Vroeë mense Genetiese aanwysings dui daarop dat die aaplyn wat tot Homo sapiens sou lei, sowat 4,6 miljoen tot 6,2 miljoen jaar gelede van die lyn afgeskei het wat sou lei tot die sjimpansee en bonobo, die moderne mens se naaste lewende verwante. Die anatomies moderne mens het sowat 300 000 jaar gelede in Afrika ontstaan en sowat 50 000 jaar gelede moderne gedrag ontwikkel.

thumb|links|220px|’n Grottekening van omstreeks 15000 v.C. uit Lascaux, Frankryk. thumb|120px|"Venus van Willendorf", omstreeks 26500 v.C., Oostenryk. Moderne mense het sowat 60 000 jaar gelede vinnig uit Afrika na die rypvrye streke van Europa en Asië versprei. Die vinnige verspreiding van die mens na Noord-Amerika en Oseanië het plaasgevind tydens die hoogtepunt van die mees onlangse ystyd, toe gematigde streke van vandag uiters onherbergsaam was. Tog het die mens teen die einde van die ystyd sowat 12 000 jaar gelede byna al die ysvrye dele van die wêreld bewoon. Ander hominiede soos Homo erectus het millenniums lank eenvoudige hout- en klipgereedskap gebruik, maar werktuie het geleidelik fyner afgewerk en kompleks geword.

Miskien reeds 1,8 miljoen jaar gelede, maar beslis teen 500 000 jaar gelede, het mense vuur begin gebruik vir hitte en om te kook. Hulle het ook in die Paleolitikum taal ontwikkel, asook gebruike soos begrafnisse vir die dooies en die versiering van die lewendes. Vroeë kunsuitdrukking kan gevind word in die vorm van grottekeninge en beeldhouwerk wat gemaak is van ivoor, klip en been, wat dui op ’n spiritualiteit wat algemeen vertolk word as animisme, of selfs sjamanisme. In dié tyd was alle mense jagter-versamelaars en gewoonlik nomadies.

Opkoms van die beskawing In die Neolitiese Omwenteling, wat omstreeks 10000 v.C. begin het, het die landbou ontwikkel en dit het die mens se leefstyl heeltemal verander. Boerdery het omstreeks 10000 v.C. in die Midde-Ooste ontstaan, omstreeks 7000 v.C. in wat nou China is, omstreeks 6000 v.C. in die Indusriviervallei en Europa, en omstreeks 4000 v.C. in die Amerikas. Die verbouing van graangewasse en die domestikering van diere het omstreeks 8500 v.C. in die Midde-Ooste begin, waar koring en rog die eerste gewasse en skape en bokke die eerste mak diere was. In die Indusvallei is graangewasse teen 6000 v.C. verbou en beeste gedomestikeer. Die Geelriviervallei in China het teen omstreeks 7000 v.C. manna en ander graangewasse verbou, maar rys is vroeër in die Yangtzevallei gedomestikeer, teen minstens 8000 v.C. In die Amerikas is sonneblomme teen omstreeks 4000 v.C. geplant, en mielies en bone is teen 3500 v.C. in Sentraal-Amerika verbou. Aartappels is die eerste keer in die Andesgebergte van Suid-Amerika geplant, waar die lama ook gedomestikeer is. Metaalwerk, met koper wat omstreeks 6000 v.C. gebruik is, is eerste vir gereedskap en ornamente aangewend. Goud is kort daarna ook gebruik, veral vir ornamente. Die behoefte aan metaalerts het handel gestimuleer, omdat baie van die vroeë menslike nedersettings ’n gebrek aan erts gehad het. Brons, ’n allooi van koper en tin, is bekend uit omstreeks 2500 v.C., maar is eers heelwat later algemeen gebruik.

thumb|links|220px|’n Inskripsie in wigskrif in Sumer, Mesopotamië, 26ste eeu v.C. Hoewel vroeëre protostede omstreeks 6000 v.C. by Jerigo en Catal Huyuk ontstaan het, het die eerste beskawings eers omstreeks 3000 v.C. in Egipte en Mesopotamië hulle verskyning gemaak. Hierdie kulture het die wiel ontdek, asook wiskunde, bronswerk, seilbote, die pottebakkerswiel, geweefde materiaal, die bou van monumentale geboue en skryf.

Geleerdes reken nou dat skryf apart in minstens vier antieke beskawings kon ontwikkel het: Mesopotamië (tussen 3400 en 3100 v.C.), Egipte (omstreeks 3250 v.C.),Wengrow, David. "The Invention of Writing in Egypt", in Before the Pyramids: Origin of Egyptian Civilization, Oriental Institute, University of Chicago, 2011, pp. 99-103. China (2000 v.C.)James Legge, D.D., vertaler, "The Shoo King, or the Book of Historical Documents, Volume III, Deel I, bl. 12]. Early Chinese Writing", in The World's Writing Systems, red. Bright en Daniels, p.191 en Meso-Amerika (teen 650 v.C.).

Boerdery het gelei tot digter bevolkings, wat weer ontwikkel het tot state. Landbou het ook voedseloorskotte meegebring wat mense kon voed wat nie regstreeks by voedselverbouing betrokke was nie. Die ontwikkeling van landbou het gelei tot die stigting van die eerste stede. Hulle was sentrums van handel, vervaardiging en politieke mag. Stede het ’n simbiose met hulle omringende plattelandse gebiede gevorm en landbouprodukte gebruik terwyl hulle op hulle beurt goedere vervaardig het en wisselende grade van militêre beheer en beskerming gebied het.

Die ontwikkeling van stede is sinoniem met die opkoms van die beskawing. Vroeë beskawings het eerste in Benede-Mesopotamië (3000 v.C.) verskyn, gevolg deur Egipte aan die Nylrivier (3000 v.C.), die Indusvallei (in die hedendaagse Indië en Pakistan; 2500 v.C.) en China aan die Geel- en Yangtzerivier (2200 v.C.). Dié gemeenskappe het ’n aantal eienskappe gedeel, soos ’n sentrale regering, ’n ingewikkelde ekonomiese en sosiale struktuur, gesofistikeerde taal- en skryfstelsels en spesifieke kulture en godsdienste. Skryf het die administrasie van stede, die uitdrukking van idees en die bewaring van inligting meegebring.

Entiteite soos die son, maan, aarde, sterre en see is dikwels vergoddelik. Altare is gebou en dit het ontwikkel in tempels, kompleet met ’n ingewikkelde hiërargie van priesters en priesteresse en ander beamptes. Dikwels is vermenslikte godhede aanbid. Onder die vroegste geskrewe tekste wat bewaar gebly het, is die Egiptiese "Piramidetekste", waarvan die oudstes van 2400 en 2300 v.C. dateer.

Antieke geskiedenis Wieë van beskawing Die Bronstydperk is deel van die drietydperkstelsel (Steen-, Brons- en Ystertydperk) wat die vroeë gskiedenis van die beskawing in sommige dele van die wêreld doeltreffend beskryf. In dié tydperke het stadstate en die eerste beskawings in die vrugbaarste dele van die wêreld ontstaan. Hulle was gekonsentreer in vrugbare riviervalleie: die Tigris en Eufraat in Mesopotamië, die Nyl in Egipte, die Indus op die Indiese subkontinent en die Yangtze en Geel in China.

thumb|220px|Die Groot Piramide van Giza, Egipte. thumb|220px|’n Fresko uit Knossos, Minoïes, Kreta. Sumer in Mesopotamië was die eerste komplekse beskawing; dit het in die 4de millennium v.C. die eerste stadstate ontwikkel. Dit was in dié stede dat die oudste vorm van skryf, wigskrif, omstreeks 3000 v.C. verskyn het. Wigskrif het as ’n vorm van piktogramme begin. Dit is later vereenvoudig en het abstrakter geword. Wigskriftekste is op kleitablette geskryf, waarop simbole met ’n stomp riet aangebring is. Skryf het die administrasie van ’n groot staat baie makliker gemaak.

Vervoer is vergemaklik deur waterweë – op die riviere en die see. Die Middellandse See, wat drie kontinente verbind het, was die teelaarde van militêre mag en die uitruil van goedere, idees en ontdekkings. In dié tyd is ook nuwe tegnologieë op die grond toegepas, soos strydwaens wat deur perde getrek is en wat leërs in staat gestel het om vinniger te beweeg.

Dié ontwikkelings het gelei tot die stigting van state en ryke. In Mesopotamië het ’n patroon van onafhanklike, strydende stadstate ontstaan en ’n losse heerskappy wat van die een stad na die ander verskuif het. In Egipte, daarenteen, was daar eers ’n verdeling tussen Bo- en Benede-Egipte, wat kort daarna (omstreeks 3100 v.C.) verenig is. In Kreta het die Minoïese beskawing die Bronstydperk omstreeks 2700 v.C. binnegegaan; dit word as die eerste beskawing in Europa beskou. Oor die volgende millenniums het koninkryke in ander riviervalleie voorgekom. In die 25ste tot 21ste eeu v.C. het die Akkadiese Ryk en Sumer in Mesopotamië ontstaan.