Klattia is 'n genus van blomplante wat tot die familie Iridaceae hoort. Die genus is reeds in 1877 beskryf en is inheems aan die Wes-Kaap.Kew World Checklist of Selected Plant Families Die genus se naam gee erkenning aan die Duitse botanikus Friedrich Wilhelm Klatt wat in die 19de eeu baie werk gedoen het wat die inligting omtrent Iridaceae baie verbeter het. Die genus staan ook bekend as kammetjiesbos.Field Guide to Fynbos, John Manning, Struik Nature, 2018

Spesies Klattia flava (G.J.Lewis) Goldblatt - Grabouw Klattia partita Baker - Wes-Kaap Klattia stokoei L.Guthrie - Kogelberg

Verwysings