Die kammetjiesbos (Klattia partita) is 'n plant wat endemies aan die Wes-Kaap is en deel van die fynbos vorm. Die plant kom voor op die Kaapse Skiereiland en van die Hottentots-Hollandberge tot die Langeberg. Alhoewel die plant 'n groot voorkomsgebied het van 5905 km², word dit as seldsaam beskou. Dit word bedreig deur water onttrekking in die Kogelberg en indringerplante in die Riviersonderendberge.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Klattia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika