Nomadland is 'n Amerikaanse dramafilm uit 2020 wat geskryf en geregisseur is deur Chloé Zhao. Die film is geïnspireer deur die gelyknamige nie-fiksieboek van die skryfster Jessica Bruder. Die hoofrolle word vertolk deur Frances McDormand en David Strathairn.

Nomadland is tydens die Venesiaanse Rolprentfees van 2020 bekroon met die Goue Leeu, die prys vir die beste film. 'Nomadland' Scoops Golden Lion At Venice Film Festival – Full List Of Winnners Deadline.com, 12 September 2020

Verhaal Wanneer 'n middeljarige vrou deur die finansiële krisis van 2007–2008 (Groot Resessie) haar loopbaan en besittings verloor, besluit sy om soos 'n hedendaagse nomade met 'n minibus deur die Westelike Verenigde State te reis.

Rolverdeling Frances McDormand as Fern David Strathairn as Dave Linda May as Linda May Charlene Swankie as Swankie Bob Wells as Homself Derek Endres as Derek Peter Spears as Peter Tay Strathairn as James

Vervaardiging In 2017 het die skryfster Jessica Bruder die boek getiteld Nomadland: Surviving America in the Twenty-First Century vrygestel. Dit is nie-fiksie werk wat die uitwerking van die kredietkrisis van 2007-2008 op Amerikaanse werkers beskryf, en hoe hulle daardeur gedwing is om as hedendaagse nomade en werksoekers rond te swerf. Die regte op die boek is in 2017 aan die aktrise Frances McDormand en die vervaardiger Peter Spears verkoop. 'Nomadland' First Look: Frances McDormand Stars in Chloe Zhao's 'The Rider' Followup Indiewire.com, 12 Februarie 2019

Chloé Zhao is in 2018 aangestel om 'n draaiboek te skryf en die filmprojek te regisseur. McDormand het Zhao gehuur nadat sy haar film The Rider uit 2017 gesien het. Director Chloe Zhao Arrives With Early Oscar Contender 'Nomadland' and Next Year's 'Eternals': "It's a Bit Surreal" The Hollywood Reporter, 2 September 2020 In Februarie 2019 is aangekondig dat Searchlight Pictures die projek sou versprei en dat David Strathairn 'n rol sou vertolk. Chloé Zhao's 'Nomadland' Starring Frances McDormand Lands At Fox Searchlight Deadline.com, 12 Februarie 2019 Soos in die eerste twee films van Zhao, is die res van die rolverdeling aangevul deur nie-professionele akteurs. Die skiet van die film het vier maande geduur en in sewe deelstate plaasgevind. Die verfilming is gedoen in o.a. die Black Rock-woestyn in Nevada, die badlands van Suid-Dakota, en die beetlande van Nebraska.

Vrystelling Die rolprent het op 11 September 2020 sy buiging gemaak tydens die Venesiaanse Rolprentfees en Internasionale Rolprentfees van Toronto (TIFF). Chloe Zhao's 'Nomadland' to Play Venice, Toronto, New York Under Fest Alliance Variety, 27 juli 2020 Op 4 Desember 2020 is die rolprent in 'n geselekteerde aantal Amerikaanse bioskope gewys. Chloé Zhao's #Nomadland, starring Frances McDormand, will open in theaters on December 4, 2020. The Film Stage op Twitter, 17 Augustus 2020 In Europa sal die rolprent op 30 April 2021 vrygestel word via die stromingsdiens Disney+. 'Nomadland' Heading Straight to Disney+ in U.K. The Hollywood Reporter, 4 Maart 2021

Pryse en benoemings JaarPrys / FeesKategorieGenomineerde(s)Uitslag2020 2020 Venesiaanse Rolprentfees Goue Leeu Chloé Zhao Gewen 2020 Internasionale Toronto Rolprentfees Publieksprys Chloé Zhao Gewen2021 National Board of Review Top 10 films van die jaar Gewen Beste kamerawerk Joshua James Richards Gewen78ste Golden Globe-toekennings Beste dramafilm Gewen Beste regie Chloé Zhao Gewen Beste aktrise (drama) Frances McDormand Benoem Beste scenario Chloé Zhao BenoemCritics' Choice Awards Critics' Choice Award vir beste film Gewen Beste regie Chloé Zhao Gewen Beste aktrise Frances McDormand Benoem Beste bewerkte scenario Chloé Zhao Gewen Beste kamerawerk Joshua James Richards Gewen Beste montage Chloé Zhao BenoemBAFTA-toekennings https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/sa-dokkie-wen-by-baftas/ Besoek en opgespoor op 12 April 2021Beste film Gewen Beste regie Chloé Zhao Gewen Beste aktrise Frances McDormand Gewen Beste bewerkte scenario Chloé Zhao Benoem Beste kamerawerk Joshua James Richards Gewen Beste montage Chloé Zhao Benoem Beste klank Chloé Zhao BenoemAcademy Awards Beste film Uitreiking op25 April 2021 Oscar vir beste regisseur Chloé Zhao Oscar vir beste aktrise Frances McDormand Oscar vir beste bewerkte scenario Chloé Zhao Oscar vir beste kamerawerk Joshua James Richards Oscar vir beste montage Chloé Zhao

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse rolprente