Die Hudson Ntsanwisidam is noordoos van Giyani in Limpopo, Suid-Afrika geleë. Die Nsamarivier asook 'n aantal spruite vloei die dam in. Die Nsama vloei uit die dam om net wes van die Krugerwildtuin se grens by die Klein-Letabarivier aan te sluit.

Die dam is gedurende die 1980's deur die regering van die voormalige tuisland Gazankulu gebou om deurlopende water aan die omliggende Thomo-gemeenskap te voorsien.Rikhotso, N.M. s.j. Rural water governance in the Mopani District Municipality. https://ujcontent.uj.ac.za/vital/access/services/Download/uj:35374/SOURCE1?view=true Die dam se oorspronklike naam was die Nsamidam en is later na Hudson Ntsanwisidam verander.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika Thomo, 'n nedersetting onder die damwal

Verwysings

Kategorie:Damme in Limpopo