Die R557 is 'n streeksroete wat Walkerville met Heidelberg verbind. Die roete begin waar dit aftak van die R82-provinsiale roete, 3 km suid van Walkerville. Dit gaan dan suidoos, deur Randvaal en kruis die R59 en dan die M61-roete. Daarna kruis dit die R551 en eindig waar dit by die R42 aansluit, 20 km wes van Heidelberg.
Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika
Bron Dept. Transport
Kategorie:Streeksroetes in Gauteng