Valentinus was die 100ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie Pous Valentinus is gebore in Rome, waarskynlik in die Via Lata distrik, die seun van Leonzio. Waarskynlik op 1 September 827 volg hy Pous Eugenius II op en regeer tot sy dood op 16 September 827. Hy word opgevolg deur Pous Gregorius IV. Die naam ‘Valentinus’ beteken 'die moedige'.

Pontifikaat Pous Valentinus is as deken gewy deur Pous Paschalis I. In sy kort pontifikaat het die pous niks besonders verrig nie.

Vanaf sy tyd is die inskrywings in die "Liber Pontificalis" gemaak net na die dood van elke pous. Hoewel dit steeds die vooroordeel van die skrywers reflekteer, is dit baie meer akkuraat as vorige inskrywings.

Bibliografie Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. .

Eksterne skakels

Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

Valentinus