Georgië (Georgies: საქართველო, Sakartwelo, [sɑkʰɑrtʰvɛlɔ], ) is 'n Eurasiese land in die Kaukasus en is geleë aan die ooskus van die Swartsee. Sy buurstate sluit in Rusland (noord), Turkye en Armenië (suid) en Azerbeidjan (oos). Die hoofstad en grootste stad is Tbilisi; Koetaisi het vanaf Oktober 2012 tot Desember 2018 as regeringsetel gedien. Die land beslaan ’n oppervlakte van 69 700 km² en ’n bevolking van omtrent 3,9 miljoen.
Sedert 2024 is die staatshoof Micheil Kawelasjwili. Danksy onder meer die voormalige president, Micheil Saakasjwili, se goeie betrekkinge met die Verenigde State was Georgië glo op pad om 'n Navo-lidland te word. Dit is onder groot protes van Rusland, wat Georgië en ander oud-Sowjetstate steeds as deel van sy invloedsfeer beskou.
Koninkryke wat in die gebied geleë was, Iberië en Kolchis, het in die 4de eeu n.C. reeds die Christelike geloof aanvaar. Vandag is 80% van die inwoners Georgies-Ortodokse Christene, terwyl 2% Russies-Ortodoks en 4% van die Armeens-Apostoliese Kerk is.
Georgië het die hoogtepunt van sy politieke en ekonomiese mag in die 11de tot 12de eeu bereik toe Iberië en Kolchis in die Koninkryk Georgië verenig is. In die begin van die 19de eeu is Georgië deur die Russiese Ryk geannekseer. David M. Lang, A Modern History of Georgia, bl. 109 Ná ’n kort tydperk van onafhanklikheid ná die Russiese Rewolusie van 1917, het die Sowjetunie Georgië in 1921 beset en het dit die Georgiese Sosialistiese Sowjetrepubliek geword. Ná onafhanklikwording in 1991 het die land verskeie ekonomiese terugslae gehad wat vererger is deur onrus in dele van die land. Dit het voortgeduur tot met die Roosrewolusie van 2003, waarna ’n nuwe regering demokratiese en ekonomiese hervormings ingestel het. Parsons, Robert (11 Januarie 2008), "Mikheil Saakashvili’s bitter victory ", openDemocracy.net. URL besoek op 21 Mei 2008.
Die land is lid van verskeie internasionale organisasies. Dit bevat twee de facto onafhanklike streke, Abchasië en Suid-Ossetië, wat beperkte internasionale erkenning gekry het ná die Russies-Georgiese Oorlog van 2008.
Etimologie Name van Georgië duimnael|links|"Georgië" op 'n Middeleeuse mappa mundi, in 1320 duimnael|links|Een teorie oor die Georgiërs se naam is dat dit van Sint Joris, Georgië se beskermheilige, afgelei is. Standbeeld in Tbilisi Antieke Grieke (Strabo, Herodotos, Plutarchus, Homeros, ens.) en Antieke Romeine (Titus Livius, Tacitus, en.) het na vroeë Wes-Georgiërs as Kolchiërs verwys en na Oos-Georgiërs as Iberiërs (Iberoi, Ἰβηροι in sommige Griekse bronne).
Die naam "Georgië" is vir die eerste keer in Italiaans op die mappa mundi deur Pietro Vesconte in 1320 gebruik Rouben Galichian (2007) Countries South of the Caucasus in Medieval Maps: Armenia, Georgia and Azerbaijan. bl. 188–189 In die vroeë stadium van sy gebruik in die Latynse wêreld is die naam dikwels as Jorgia gespel. Boeder; et al. (2002). Philology, typology and language structure. Peter Lang. bl. 65. Oorgelewerde teorieë is gegee deur die reisiger Jacques de Vitry, wat die naam se oorsprong verklaar met die gewildheid van Sint Joris onder Georgiërs, Grigol Peradze: "The Pilgrims' derivation of the name Georgia". Georgica, Autumn, 1937, nos. 4 & 5, 208–209 terwyl Jean Chardin gedink het dat "Georgië" afgelei is van die Griekse γεωργός ("bewerker van die land). Hierdie eeue-oue verduidelikings vir die woord "Georgië"/"Georgiërs" word oor die algemeen deur die vakkundige gemeenskap verwerp en hulle beskou die Persiese woord gurğ/gurğān (گرگ, "wolf" ) as die moontlike oorsprong van die woord. Volgens hierdie hipotese is dieselfde Persiese wortel later in talle ander tale oorgeneem, insluitend Slawiese en Wes-Europese tale.
Die inheemse naam is Sakartwelo (საქართველო; "land van die Kartweliërs"), afgelei van die sentrale Georgiese streek Kartli, opgeteken van die 9de eeu af, met 'n vergrote betekenis verwysend na die hele Middeleeuse Koninkryk Georgië voor die 13de eeu. Die Georgiese omskrywing sa-X-o is 'n algemene geografiese konstruksie wat verwys na "die gebied waar X woon", waarby X 'n volksnaam is. Rapp, Stephen H. (2003), Studies in Medieval Georgian Historiography: Early Texts And Eurasian Contexts, bl. 419–423. Peeters Publishers, Die selfbenaming wat deur Georgiërs gebruik word, is Kartwelebi (ქართველები, d.w.s. "Kartweliërs), wat vir die eerste keer gebruik is in die Umm Leisun-inskripsie in die Ou Stad van Jerusalem gebruik is.
Die Middeleeuse "Georgiese kronieke" stel 'n gelyknamige voorouer van die Kartweliërs voor, Kartlos, 'n agterkleinseun van die Bybelse Jafet wat volgens Middeleeuse kroniekskrywers die wortel van die plaaslike naam van hul koninkryk was. Geleerdes is dit egter eens dat die woord Kartli afgelei is van die Karts, a proto-Kartweliese stam wat in antieke tye as 'n dominante streeksgroep na vore gekom het. Die naam Sakartwelo (საქართველო) bestaan uit twee dele. Sy wortel kartwel-i (ქართველ-ი), verwys na 'n inwoner van die sentraal-oostelike Georgiese streek Kartli of Iberië, soos dit in die Oos-Romeinse Ryk genoem is.
Staatsnaam Volgens artikel 2 van die Georgiese grondwet is "Georgië" die amptelike naam van die land, aangeneem in 1995. In Georgië se twee amptelike tale (Georgies en Abchasies), word die land onderskeidelik საქართველო (Sakartwelo) en Қырҭтәыла (Kərttʷʼəla) genoem. Voor die goedkeuring van die 1995-grondwet en ná die Ontbinding van die Sowjetunie is die land amptelik "Republiek Georgië" genoem.
Verskeie tale gebruik steeds die Russiese variant van die landsnaam, Gruzia, wat die Georgiese owerhede probeer vervang het deur middel van diplomatieke veldtogte. Sedert 2006 het Israel, Japan, Suid-Korea, en Hongarye het hul taalgebruik amptelik verander in variante van "Georgië". In 2020 het Litaue die eerste land wêreldwyd geword wat Sakartwelas in alle amptelike kommunikasie begin gebruik het.
Geskiedenis Voorgeskiedenis Die gebied van die moderne Georgië word reeds sedert die Vroeë Steentydperk deur Homo erectus bewoon. Die proto-Georgiese stamme is in die 12de eeu v.C. die eerste keer in geskrifte genoem. Phoenix: The Peoples of the Hills: Ancient Ararat and Caucasus by Charles Burney , David Marshall Lang, Phoenix Press; Nuwe Uitgawe (31 Desember 2001) Argeologiese vondste en verwysings in antieke bronne dui op elemente van vroeë politieke en staatsliggame en op gevorderde metallurgiese en goudsmeetegnieke wat uit die 7de eeu v.C. en vroeër dateer.
Antieke tyd duimnael|Die antieke state Kolchis en Iberië In die Klassieke Tydperk, omstreeks die 6de eeu v.C., het die vroeë Georgiese state Kolchis (Oos-Georgië) en Iberië (Wes-Georgië) ontstaan. In die Griekse mitologie was Kolchis die plek waar die Goue Vlies was wat deur Jason en die Argonoute gesoek is. Die Goue Vlies in die mite is geskoei op die destydse gebruik onder die plaaslike inwoners om goudstof uit riviere deur vliese te sif. "Christianity and the Georgian Empire" (early history) Library of Congress, Maart 1994, webpage:LCweb2-ge0015.
In die 4de eeu v.C. het die twee state ’n verenigde koninkryk gestig – ’n vroeë voorbeeld van gevorderde staatsorganisasie onder een koning en ’n aristokratiese hiërargie. Lives and Legends of the Georgian Saints, St Vladimirs Seminary Pr (Maart 1997) deur David Marshall Lang
Nadat die Romeinse Ryk in 66 v.C. sy verowering van die Kaukasus voltooi het, was die Georgiese koninkryke sowat 400 jaar lank onderhorige state en bondgenote van die Romeinse Ryk. In 337 n.C. het koning Mirian III van Iberië verklaar dat die Christelike geloof die staatsgeloof is. Die twee state was van die eerste lande in die streek wat gekersten geraak het – in 337 of 319 n.C. Dit het letterkunde en kuns bevorder en eindelik ’n sleutelrol gespeel in die vereniging van die twee Georgiese state. Die aanvaarding van Christenskap het die koninkryk effektief verbind aan die naburige Oos-Romeinse Ryk, wat amper ’n millennium lank ’n groot invloed op Georgië uitgeoefen het en ’n groot deel van sy huidige kulturele identiteit gevestig het.
Middeleeue duimnael|upright|Koningin Tamar het tydens die goue era van die Middeleeuse Georgiese monargie regeer Die vroeë koninkryke het teen die Middeleeue in verskeie feodale streke verbrokkel. Dit was hierna maklik vir die Arabiese volke om die grootste deel van Oos-Georgië in die 7de eeu te verower. Van toe af tot in die 10de eeu was Georgië deel van die Chasar-ryk. Die streke sou eers weer aan die begin van die 11de eeu ’n enkele Georgiese koninkryk word.
Hoewel die hoofstad, Tbilisi, in 645 n.C. ook verower is, het Iberië onder die Arabiese heersers aansienlike onafhanklikheid geniet. In 813 n.C. was prins Ashot I – ook bekend as Ashot Kurapalat – die eerste lid van die Bagrationi-familie wat heerser van die koninkryk geword het. Ashot se bewind was die begin van ’n periode van byna 1 000 jaar waartydens die Bagrationi-dinastie oor minstens ’n deel van die huidige Georgië regeer het.
Bagrat III (bewind 1027–'72) het Oos- en Wes-Georgië verenig. In die volgende eeu het Dawid IV die Bouer (bewind 1089–1125) die land se goue era begin deur die Seldjoek-Turke uit die land te verdryf en Georgië se kulturele en politieke invloed suidwaarts uit te brei tot in Armenië en ooswaarts tot by die Kaspiese See.
Die Koninkryk Georgië het sy hoogtepunt in die 12de en 13de eeu bereik. Dié tyd onder Dawid die Bouer en koningin Tamar word algemeen Georgië se goue era of die Georgiese Renaissance genoem. David Marshal Lang, History of Modern Georgia, bl. 29 Die "renaissance", wat die Wes-Europese Renaissance voorafgegaan het, is gekenmerk deur die opbloei van die romanties-ridderlike tradisie, deurbrake in filosofie en ’n verskeidenheid politieke innovasies in die gemeenskap en die staat, onder meer godsdiens- en etniese verdraagsaamheid. Goldstein, Darra The Georgian Feast: the Vibrant Culture and Savory Food of the Republic of Georgia bl. 35
Oorblyfsels van die goue era is talle groot katedrale, romantiese gedigte en letterkunde en die epiese gedig "Die Ridder in die Luiperd se Vel". Howard Aronson en Dodona Kiziria, Georgian Literature and Culture, bl. 119
Dawid die Bouer se kleindogter, Tamar, het die opposisie geneutraliseer en ’n energieke buitelandse beleid gevolg wat voordeel getrek het uit die val van mededingende magte van die Seldjoeks en Bisantium. Met die hulp van ’n magtige militêre elite het sy voortgebou op die sukses van haar voorgangers en die Kaukasus oorheers. Sy het die land uitgebrei tot oor groot dele van die hedendaagse Azerbeidjan, Armenië en Oos-Turkye – tot met die Mongoolse indringing binne twee dekades ná haar bewind.
Die Mongole is uiteindelik verdryf deur George V van Georgië, die seun van Demetrius II, en hy het die land se vorige mag en Christelike kultuur hervestig. George V was die laaste groot koning van die verenigde Georgiese staat. Ná sy dood het verskillende plaaslike heersers geveg vir onafhanklikheid van ’n sentrale bewind. In die 15de eeu het die koninkryk heeltemal verbrokkel. Georgië is verder verswak deur verskeie rampspoedige invalle deur Tamerlane. Teen 1466 het die koninkryk in wanorde verval en in drie onafhanklike koninkryke en vyf semi-afhanklike prinsdomme verdeel. Naburige lande het die interne verdeling van die streek uitgebuit en van die 16de eeu af het die Persiese en die Ottomaanse Ryk onderskeidelik die oostelike en westelike deel van Georgië oorgeneem.
Die leiers van die streke wat gedeeltelik outonoom gebly het, het op verskeie geleenthede rebellies gereël. Nog invalle deur die Perse en Ottomane het die streke egter verder verswak. Weens die aanhoudende oorloë het die Georgiese bevolking van vyf miljoen in die 13de eeu afgeneem tot 250 000 aan die einde van die 18de eeu. Met die dood van die Persiese heerser Nader Shah in 1747 het die twee Oos-Georgiese streke Kartli en Kakheti se konings weggebreek onder Persiese beheer. Hulle is in 1762 deur die energieke koning Heraclius II herenig.
Georgië in die Russiese Ryk