Carcassonne (Frans: [kaʁkasɔn], ; plaaslik: [kaχkaˈsɔnə]; Oksitaans: Carcassona, [kaɾkaˈsunɔ]; Latyn: Carcaso) is 'n stad in die suide van Frankryk geleë in die departement Aude en die regio Languedoc-Roussillon. Die stad is die prefektuur van Aude en is bekend vir die Cité de Carcassonne, 'n goedbewaarde Middeleeuse bouwerk wat as Wêrelderfenisterrein aangewys is deur Unesco in 1997.

duimnael|links|'n Lugaansig van die historiese middestad of cité Die inwoners van die stad staan as les Carcassonnais bekend. In die omgangstaal staan die stad plaaslik algemeen as "Carca" bekend.

Etimologie Die vroegste verwysing dateer uit die eerste eeu v.C. as Carcasso (Caesar) en in die tweede eeu n.C. as Carcaso. Plinius die ouere gebruik hierdie naam meer spesifiek in die vrase Carcaso Volcarum Tectosage.

Die naam is moontlik ontleen aan die Indo-Europese wortel *kar "rots" en *kass, 'n moontlike Galliese woord met 'n onduidelike betekenis wat die radikaal van die woord eikebome sou wees: cass-anos, Languedoc-Oksitaans casse wat "voetvormige eikehout" sou beteken. Dit word gevolg deur die agtervoegsel in beide Gallies en Latyn -ona met 'n vaag betekenis.

In Oksitaans is die stadsnaam direk afgelei van sy Latynse vorm wat Carcassona [karka'suno].

Geskiedenis Stigting Carcassonne was reeds vroeg die ligging van 'n aktiewe prehistoriese nedersetting geleë naby die Atax (die Aude). Dit is in dié verband dat die toponiem Carcasso vir die eerste keer sy verskyning maak. Plinius die Ouere het die naammeer spesifiek gebruik hy die frase Carcaso Volcarum Tectosage in die eerste eeu na Christus gebruik, maar dit blyk dat die term reeds voor dit in die 5de eeu v.C. bestaan het.Histoire de Carcassonne van Jean Guilaine en Daniel Fabre, Privat uitgawe, , bladsy 4 Die oorspronklike ligging van Carcassonne was op die plato waar die A61-pad vandag loop. Dit is vervolgens in die 6de eeu om onbekende redes verplaas na die hedendaagse ligging van die Cité de Carcassonne. Aan die einde van die 2de eeu v.C. was die terrein al 'n oppidum met gragte wat die Galliese inwoners geherberg het. In 118 n.C het die Romeine die plek wat deur die Volques Tectosages-stam gevestig is ingeneem en versterkings aan die oppidum aangebring.

Vervolgens het die Wesgote die oppidum in die 5de eeu ingeneem, verskillende datums word deur verskillende bronne aangegee: Histoire de Carcassonne van Jean Guilaine en Daniel Fabre, Privat uitgawe, , bladsy 39 gee die datum as 462 daarna die Sarasene in die 8ste eeu wat dertig jaar lank in die omgewing vertoef het voor hulle deur die Franke verjaag is. Laasgenoemde het die naam Karkashuna agtergelaat. Ander name verskyn as Carcasona of Carcassione. Histoire de Carcassonne van Jean Guilaine en Daniel Fabre, uitgawe Privat, , bladsy 41 Ná die verbrokkeling van die Carolingiese Ryk, is 'n feodale era gevestig met die Trencavel-familie aan die hoof daarvan wat daar as 'n dinastie regeer het van die 11de eeu tot die 13de eeu. Carcassonne het vooruitgegaan en 'n belangrike strategiese plek die Languedoc verwerf.

Middeleeue duimnael|Oorblyfsels van die Bastide wat tydens die heerskappy van Sint Lodewyk gebou is Die Katharisme het Carcassonne bereik waar dit 'n groot aantal volgelinge binne die stadsmure verwerf het. Die Kathare is beskerm deur die burggraaf (vicomte) Raimond-Roger Trencavel, die stad het uit die pous se oogpunt 'n kettergebied geword. Gevolglik het die stad swaar deurgeloop onder die vure van die kruistog wat deur Simon de Montfort gelei is. In Augustus 1209 het die kruisvaarderleër Carcassonne beleër. Die twee burge het vinnig geval, hulle is afgebrand en in puin gelê. Die stadsmure van die Cité het die aanvallers weerstaan, droogte en dors het egter die oorgawe van die Burgraaf van Carcassonne na twee weke se beleëring afgedwing. Hy is onmiddellik in die tronk gestop waar hy spoedig vermoor is. Histoire de Carcassonne van Jean Guilaine et Daniel Fabre, édition Privat, , bladsy 56 Na die inneming van die Cité is die grondgebied van die Trencavel aan 'n Baron in die noorde toegeken, die gevierde Simon de Montfort. Sy seuns het die gebied aan die koning van Frankryk geskenk wat dit in 1224 in die koninklike domein opgeneem het. Emmanuel Leroy Ladurie, Histoire du Languedoc, ed. Presses universitaires de France, coll. Que sais-je ?, 1982, page 42

Laasgenoemde gebeurtenis was van groot belang in die geskiedenis van Carcassonne. Ná die rebelliepoging van die Carcassonnais gelei deur die seun van die burggraaf Trencavel in 1240, het Sint Lodewyk die bevolking van die stad verjaag en het hulle toegelaat om hulle aan die ander oewer van die rivier te vestig: dit het gelei tot die stigting van 'n nuwe stad. 'n Bastide is vervolgens geskep onder die Cité de Carcassonne. Carcassonne het daarna ontwikkel tot 'n stad met twee sentrums en ekonomiese en maatskaplike wedywering tussen die Cité en die Bastide. Geleidelik het die Bastide Saint-Louis ekonomies vooruitgegaan totdat dit die Cité verbygesteek het, wat al sy mag en politieke gesag verloor het.

Die onderste stad (ville basse) het in 1248 'n consulat, 'n middeleeuse plaaslike regeringsvorm, verkry. Ses konsuls het die stad regeer met die ondersteuning van stadsouderlinge. In die 14de eeu was die stad die eerste tekstielproduksiesentrum, waar die roumateriaal wol afkomstig uit die Montagne Noire en die Corbières gebruik is. Die produksie is uitgevoer na Konstantinopel of Alexandrië deur die groot Europese handelaars. Carcassonne, histoire et architecture van Jean-Pierre Panouillé, éditions Ouest-France, , page 52 In 1348 is die stad soos die res van Europa deur die Swart Dood getref en die epidemie het herleef in die daaropvolgende eeu. In dieselfde tydperk het die Honderdjarige Oorlog talle rampe veroorsaak. Die Swart Prins het die onderste stad in 1355 deur brandstigting vernietig, maar die Cité de Carcassonne is gespaar. Histoire de Carcassonne van Jean Guilaine en Daniel Fabre, édition Privat, , page 97 'n Beleg sou te lank neem en sou sy plundertog vertraag het. Die bastide is in 1359 heropgebou en versterk. Die tekstielnywerheid het herleef en verder ontwikkel.

Die 16de tot die 18de eeue duimnael|'n Kaart van Carcassonne uit 1780 Aan die begin van dié tydperk het die onderste stad vinniger gegroei as die Cité wat ook sy militêre rol verloor het. In 1531 het die protestantisme sy verskyning gemaak, maar die Calviniste is uit die ville basse, wat beter versterkings gehad het, verjaag. Dit het 'n basis geword vir die Katolieke wat in 'n stryd gewikkel was met die protestantse dorpies van die omgewing: Limoux, Bram, ens. Eskalering van die wedywering tussen die Cité en die ville basse het op die ou einde gelei tot die vernietiging van die ville basse. Aan die begin van 1560 is die Protestante van die stad uitgemoor. , p 255 Karel IX het die stad besoek tydens sy koninklike toer van Frankryk (1564-1566), vergesel van die hof en hoogeplaatstes in die koninkryk: sy broer die Hertog van Anjou, Hendrik van Navarre en die Kardinale van Bourbon en Lotharinge.

In 1659 het die Verdrag van die Pireneë die grense van die provinsie Roussillon aan Frankryk toegeken, wat Carcassonne se militêre belangrikheid verminder het. Vestingwerke is verwaarloos en stadig maar seker het die Cité sy belangrikheid verloor met die oordrag van talle instansies na die ville basse wat toegeneem het. Die rykdom wat deur die handel in tekstiel bekom is, het die verfraaiing van die stad moontlik gemaak. Luukse geboue is opgerig, water is na die stad aangelê en plaveisel en beligting is op die strate aangebring wat die stad gemoderniseer het. Die ou stadsmure van die ville basse is in die 18de eeu gesloop en die Portail des Jacobins ("Hek van die Jacobins") is in die tydperk opgerig. Ongelukkig vir die stad het verskeie probleme die agteruitgang van dié enkele nywerheid tot gevolg gehad. Onder die Restaurasie is die aktiwiteite gemeganiseer en het salarisse erg geval. Die stad se tekstielnywerheid het ook gely onder die sterk groeiende kompetisie van die wynbou.

Tydens die Franse Rewolusie was die stad nouliks betrokke en die salarisse in die tekstielnywerheid het dramaties geval as gevolg van mededinging uit Engelens. Op 29 Januarie 1790 is die département Aude geskep en het Carcassonne die hoofstad van die streek geword. Histoire de Carcassonne van Jean Guilaine en Daniel Fabre, édition Privat, , page 164 Die prys van voedsel het egter steeds gestyg en hongersnood en algemene ontevredenheid het ontstaan.

Carcassonne het Carcassonne-Cité tussen 1795 en 1800 geabsorbeer.

Die 19de en 20ste eeue Place Davilla in Carcassonne|duimnael|regs|300px

In die 19de eeu het 'n verandering in mentaliteit posgevat ten opsigte van historiese monumente en pogings is aangewend om die Franse erfenis te restoureer en bewaar. Die Cité was geheel en al geruïneer en verwaarloos sou ondersteuning ontvang van die vakkundige uit die Aude en Carcassonne, Jean-Pierre Cros-Mayrevieille, wie ook ondersteun sou word deur Prosper Mérimée, die Inspekteur van geskiedkundige monumente. Die eerste restourasiewerk wat uitgevoer is was aan die Basiliek Saint-Nazaire-et-Saint-Celse.

Verskeie onteienings het gevolg, alle wonings wat in die lices (oop spasies tussen die binneste en buitense mure van die sitadel) gebou is, is gesloop en 'n deel van die bevolking is uit die Cité verwyder. 'n Halfeeu se werk het die grootste Middeleeuse versterking in die Weste tot sy 13de eeuse glorie herstel. Die argitek Viollet-le-Duc, 'n spesialis in Franse restourasie, het die leiding geneem in die restourasie. Hy het egter soms polemiek veroorsaak met sy restourasiekeuses en veral van sy persoonlike inisiatiewe. Die Cité de Carcassonne word egter wêreldwyd beskou as 'n toonbeeld van restourasiewerk: slegs 30% van die bouwerk was restourasie werk, veral dakke en inkepings langs die versterking se mure.

In 1907 het die wynmakers van Carcassonne deelgeneem aan die wynbouersopstand om aandag te vestig op die probleme in die wynbou in Languedoc. Herhalende bedrog deur sekere produsente, oorproduksie, skimmel en kompetisie het daartoe gelei dat hulle hulle frustrasie op die regering uitgehaal het wat aanvanklik nie opgetree het en wynbouregulasies in plek gestel het nie. Carcassonne het in September 2007 by die Confédération générale des vignerons (CGV, "Algemene konfederasie van wynbouers"), die belangrikste sindikaatverening aangesluit. Histoire de la viticulture en Languedoc-Roussillon - Conseil régional du Languedoc-Roussillon

In 1944 is die Cité de Carcassonne deur Duitse troepe beset wat die kasteel gebruik het as 'n bergplek vir ammunisie en plofstof. Die inwoners is uit die cité verban. Joë Bousquet, aanvoerder van die Erelegioen, was hoogs verontwaardig oor die besetting en het in 'n brief aan die prefek aangedring dat die cité, wat deur alle lande as 'n kultuurerfenis beskou is, vrygestel moes word.

In 1997 het die Cité de Carcassonne bevestiging ontvang van die sitadel se klassifikasie as 'n wêrelderfenisterrein deur UNESCO en die onderste stad, "La Bastide Saint-Louis", as 'n bewaringsgebied. Vandag is dit met meer as drie miljoen toeriste een van die mees besoekte plekke in Europa. Revue de presse du Languedoc-Roussillon sur le tourisme page 20

Geografie Ligging duimnael|Kaart wat die ligging van Carcassonne aandui Carcassonne is in die suide van Frankryk geleë, 80 km oos van Toulouse. Die stad se strategiese ligging op die roete tussen die Middellandse See en die Atlantiese Oseaan is reeds sedert die Neolitiese tydperk bekend. Die stad is geleë in 'n pas tussen die montagne Noire (Swartberge) in die noorde en die Corbières in die ooste, die Lauragais-vlakte in die weste en die Aude-vallei in die suide. Die natuurlike gebied word die Carcassès of le Carcassonnais genoem.

duimnael|Die Aude met die Vieux-brug en die middeleeuse sitadel