Koermandsji (Koerdies: کورمانجی, Kurmancî, letterlik: "Koerdies"), ook Noord-Koerdies genoem, is die noordelike dialek, taal of dialekgroep van die Koerdiese tale wat veral in die suidoostelike Turkye, noordwestelike en noordoostelike Iran, noordelike Irak, noordelike Sirië, die Kaukasusstreek en Khorasan gepraat word. Dit is die mees gebruikte variant van Koerdies en ook die moedertaal van die een of ander nie-Koerdiese minderheidt in Koerdistan soos Armene, Tsjetsjniërs, Sirkassiërs, en Bulgare.

duimnael|links|Verspreiding van Koerdiese tale wat deur Koerde gepraat word: Die vroegste bekende opgetekende teks in Koermandsji dateer rofweg uit die 16de eeu en van die bekendste Koerdiese digters soos Ahmad Khani (1650–1707) het in Koermandsji geskryf. Koermandsji word ook deur die Jesiede gebesig. Hul heilige skrif, Mishefa Reş, en al hul gebede is in Koermandsji geskryf en word in dié taal gebid.

Verwysings

Kategorie:Koerdiese tale Kategorie:Tale van Armenië Kategorie:Tale van Azerbeidjan Kategorie:Tale van Georgië Kategorie:Tale van Irak Kategorie:Tale van Iran Kategorie:Tale van Sirië Kategorie:Tale van Turkmenistan Kategorie:Tale van Turkye