Moenie verwar word met Gorani nie.

Sorani (Koerdies: سۆرانی, Soranî) of Sentraal-Koerdies (کوردیی ناوەندی, Kurdîy nawendî), is óf 'n dialek óf 'n taal van die Koerdiese tale wat in Irak, veral Koerdistan, gepraat word, maar ook in die westelike Irannese provinsies Koerdistan, Kermansja en Wes-Azerbeidjan. Sorani is saam met Arabies een van Irak se twee ampstale en word in politieke dokumente eenvoudig "Koerdies" genoem.

duimnael|links|Verspreiding van Koerdiese tale wat deur Koerde gepraat word: Die term Sorani, wat na die voormalige Soran-emiraat genoem is, word veral gebruik om te verwys na 'n geskrywe, gestandaardiseerde variant van Sentraal-Koerdies in die Sorani-alfabet wat in die 1920's deur Sa'ed Sidqi Kaban en Taufiq Wahbi uit die Arabiese alfabet ontwikkel is.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Koerdiese tale Kategorie:Tale van Irak Kategorie:Tale van Iran Kategorie:Tale van Sirië Kategorie:Tale van Turkye