Lobostemon belliformis is 'n struik wat tot die genus Lobostemon hoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by die Gouritsrivier by Gourikwa voor. Tagtig persent van die plant se habitat is verwoes deur mynbou sedert 1980. Daar is tans net 22 plante oor wat bedreig word deur landbou, verdere mynbou en indringerplante.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

belliformis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika