Lobostemon collinus is 'n klein struik wat tot die genus Lobostemon hoort en deel van die fynbos is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Bredasdorp tot by Elim voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 1 244 km² en daar is slegs vyf subpopulasies oor. Landbou aksies soos die aanlê van landerye vir graan en proteas het groot gedeeltes van die habitat vernietig, die proses gaan nog steeds voort in die Bredasdorp omgewing. Die oorblywende habitat word bedreig deur indringerplante en by Elim is die enigste subpopulasie op die pad reserwe, wat bedreig word deur padkonstruksie.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

collinus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika