Die Xhosa-kalender (Xhosa: Ikhalenda yesiXhosa) is die tradisionele kalender wat deur die Xhosas in Suid-Afrika gebruik word.

Maandname Die tradisionele maandname is afgelei van plante of blomme wat groei of seisoenale veranderinge wat op 'n gegewe tyd van die jaar plaasvind. Die Xhosa-maande van die jaar is poëties genoem na sterre en seisoenale plante in Suider-Afrika. Die Xhosa-jaar begin tradisioneel in Juniemaand en eindig in Meimaand, toe Canopus, die helderste ster in die Suidelike Halfrond, die oestyd aangedui het. In stedelike gebiede word vandag die verengelsde weergawes van die maande gebruik, veral deur jonger mense. Veral in die landelike gebiede van die Oos-Kaap word die ou name nog steeds gebruik.

Afrikaans Xhosa Betekenis Januarie eyoMqungu maand van die Tambukigras Februarie eyoMdumba maand van die groeiende graan Maart eyoKwindla maand van die eerste vrugte April uTshazimpunzi maand van die kwynende pampoene Mei uCanzibe maand van Canopus Junie eyeSilimela maand van die Plejades Julie eyeKhala / eyeNtlaba maand van die aloes Augustus eyeThupha maand van die knoppe September eyoMsintsi maand van die Kuskoraalboom Oktober eyeDwarha maand van die waterlelie November eyeNkanga maand van die klein geel madeliefie Desember eyoMnga maand van die Acaciaboom

Weekdae Sondag – iCawa Mandag – uMvulo Dinsdag – uLwesibini Woensdag – uLwesithathu Donderdag – uLwesine Vrydag – uLwesihlanu Saterdag – uMgqibelo

Seisoene Herfs – eKwindla Winter – uBusika Lente – iNtlako hlaza/iNtwasahlobo Somer – iHlobo

Sien ook Sotho-kalender Zoeloe-kalender

Bronne Kirsch et al., Clicking with Xhosa, David Phillip Publishers, Kaapstad, 2001, bl. 43v.

Kategorie:Kalenders Kategorie:Kultuur in Suid-Afrika