Tzaneen-lughawe (IATA-kode: LTA, ICAO: FATZ) is 'n klein lughawe naby Tzaneen in Limpopoprovinsie, Suid-Afrika.

Die lughawe beskik oor een geteerde aanloopbaan, 'n teerparkeerblad en 30 sinkloodse (hangers) vir ligte vliegtuie.

Klimaat Die klimaat by Tzaneen-lughawe is vogtig en subtropies. Die gemiddelde dagtemperatuur is 22 °C. Die warmste maand is Oktober op 26 °C, en koudste Junie, met 16 °C. Die gemiddelde reënval is 880 millimeter per jaar. Die natste maand is Januarie met 280 mm reën, en die droogste is Mei met 1 mm.

Geografie Die land rondom die lughawe Tzaneen is meestal plat, maar in die noordweste is dit heuwelagtig. Die hoogste punt in die gebied is Xilobye, 750 meter bo seespieël, 2,9 km suidwes van die lughawe Tzaneen. Daar woon ongeveer 28 mense per vierkante kilometer rondom die Tzaneen-lughawe, 'n relatief klein bevolking. Die naaste groter dorp is Nkowankowa, 7,8 km suidwes van die Tzaneen-lughawe. Die gebied rondom die Tzaneen-lughawe is beplant met houtplantasies, sitrus- en ander vrugteboorde. Suid en suidwes van die Tzaneen-lughawe is vir vlieëniers die gevaarlike Wolkberge en Magoebaskloof.

Lugdienste en bestemmings Geen geskeduleerde vlugte

Navigasiehulp Ongerigte radiobaken Geen aanloopbaanligte

Bron www.pictaero.com Tzaneen

Verwysings

Kategorie:Lughawens in Suid-Afrika