Hendrina-kragstasie in Mpumalanga is een van Suid-Afrika se oudste werkende kragstasies.
Geskiedenis Hendrina-kragstasie is tussen Junie 1970 en Desember 1976 in werking gestel. Tussen 1995 en 1997 is die helfte van Hendrina se tien eenhede opgeknap en die ander helfte tussen 1999 en 2001.
Kragopwekking Die steenkoolverbrandingstasie behels tien AEG Kanis 200 MW eenhede met 'n totale geïnstalleerde kapasiteit op 2 000 MW. Ontwerpdoeltreffendheid by maksimum turbinegradering is 34,20%. Hendrina, wat die enigste 10-eenheid kragopwekkingstasie in Suid-Afrika is, beskik oor die grootste AEG Kanis-turbine-installasie ter wêreld.
Verwysings
Kategorie:Kragsentrales