Grootvlei-kragstasie is een van Eskom se steenkoolkragsentrales, geleë te Grootvlei, Mpumalanga, Suid-Afrika.
Geskiedenis Die eerste van Grootvlei se ses eenhede is in 1969 in gebruik geneem. In 1989 is drie eenhede tydelik gestaak en in 1990 het die ander drie gevolg. Weens die kragkrisis wat in Suid-Afrika ondervind is, het Eskom besluit om die stasie weer in diens te stel. Teen 2008 was drie van Grootvlei se eenhede weer aanlyn, wat 585 MW aan die nasionale netwerk voorsien het.
Grootvlei se eenhede 5 en 6 was die eerste toetsfasiliteite vir droëverkoeling in Suid-Afrika. Eenheid 6 het 'n indirekte droëverkoelingstelsel.
Kragopwekking Die stasie bestaan uit ses 200 MW-eenhede vir 'n totale geïnstalleerde kapasiteit van . Ontwerpdoeltreffendheid by nominale maksimum deurlopende turbinegradering is 32,90%
Verwysings
Eksterne skakels Grootvlei Kragstasie op die Eskom-webwerf.
Kategorie:Kragsentrales