thumb|links|180px|Die Nippur-vaas van Lugalzagesi. Lugal-zage-si of Loegal-zage-si (wigskrif: , LUGAL.ZAG.GE.SI; dikwels gespel Lugalzaggesi) van Umma (bewind omstreeks 2358-2334 v.C., middelchronologie) was die laaste Sumeriese koning voor die verowering van Sumer deur Sargon van Akkad en die opkoms van die Akkadiese Ryk. Hy word beskou as as die enigste koning van die 3de Dinastie van Uruk, volgens die Sumeriese Koningslys. Hy het as koning van Umma aanvanklik die finale oorwinning behaal in die dekade lange konflik tussen Umma en die stadstaat Lagasj om die vrugbare Gu-Edin-vlakte.
Ná sy sukses het hy Sumer vir ’n kort ruk as ’n enkele koninkryk verenig.
Volgens die Nippur-vaas van LugalzagesiFull text was hy die seun van Ukush, die goewerneur van Umma.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Sumeriese heersers