Zababa (Sumeries: 𒀭𒍝𒂷𒂷, dza-ba4-ba4, ook Zamama) is ’n oorlogsgod wat die titulêre godheid van die stad Kisj in antieke Mesopotamië was.

Hy word verbind met die god Ninurta, en sy simbool – ’n staf met ’n arendkop – is dikwels langs Ninurta se simbool uitgebeeld. Inanna en Baba is albei as sy vrou beskryf. Verskeie antieke Mesopotamiese konings is na Zababa gnoem, onder andere Ur-Zababa van Kisj, ’n vroeëre beskermheer van Sargon van Akkad.

Die Hetiete het die naam Zababa aan verskeie van hulle gode gegee met hulle Akkadiese skryfstelsel.

Verwysings

Skakels Ancient Mesopotamian Gods and Goddesses: Zababa (god)

Kategorie:Mesopotamiese gode