thumb|240px|’n Afdruk van ’n Sumeriese silinderseël uit omstreeks 3200 v.C. wys ’n ensi en sy helper wat diere kosgee. Ensi (wigskrif: , ; Sumeries: ensik, "meester van die ploegland"; Akkadies: iššakkum)John Allan Halloran: Sumerian Lexicon. Logogram Publishing, Los Angeles (Cal.) 2006. was die Sumeriese titel van ’n heerser of prins van ’n stadstaat. Dit kon oorspronklik op ’n onafhanklike heerser gedui het, maar in latere tydperke was ’n ensi ondergeskik aan ’n lugal.

thumb|100px|links|PA.TE.SI (Ensi) op die tablet van Lugalanatum. Beskrywing Vir die Vroegdinastiese Tydperk van Mesopotamië (omstreeks 2800-2350 v.C.) is die onderskeid tussen ’n ensi en lugal nie duidelik nie. Ensi kon aanvanklik ’n heerser van Lagasj en Umma beteken het.Horst Klengel (Hrsg.): Kulturgeschichte des alten Vorderasiens. Akademie Verlag, Berlin 1989. Die ensi is beskou as ’n verteenwoordiger van die stadstaat se beskermingsgod.Saggs, H.W.F. 1988, The Greatness That Was Babylon (hersiene uitgawe) In latere tydperke was hy ondergeskik aan ’n lugal.

Gedurende die Derde Dinastie van Ur (omstreeks 2100-2000 v.C.) het die titel verwys na die provinsiale goewerneurs van die koninkryk. Hulle het groot mag gehad, maar is deur die lugal van Ur aangestel, gekontroleer en afgedank. Die posisie kon geërf word, maar die aanstelling moes deur die lugal bekragtig word.Dietz Otto Edzard: Geschichte Mesopotamiens. C.H. Beck, München 2004.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Mesopotamië