Shu-turul (ook Shu-durul of Sjoe-toeroel; Akkadies: , shu-tur2-ul3) was die laaste koning van die Akkadiese Ryk. Hy het volgens die Sumeriese Koningslys 15 jaar lank regeer.Handbook To Life In Ancient Mesopotamia deur Stephen Bertman Hy het sy pa, Dudu, opgevolg. ’n Paar artefakte, seëlafdrukke, ensovoorts toon hy het oor ’n baie kleiner Akkadiese gebied as sy voorgangers regeer. Dit het ingesluit Kish, Tutub en Eshnunna. Die Diyala, ’n sytak van die Tigrisrivier, is in sy tyd ook "Shu-durul" genoem.Donald M. Matthews, The Early Glyptic of Tell Brak: Cylinder Seals of Third Millennium Syria 1997, p. 15.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Akkadiese konings