Rimush (of Rimoesj; Akkadies: , Ri-mu-uš) was die tweede koning van die Akkadiese Ryk. Hy was die seun van koning Sargon. Hy is deur sy broer, Manishtushu, opgevolg en was die oom van koning Naram-Sin.

Volgens die Sumeriese Koningslys het hy nege jaar lank regeer (hoewel sommige afskrifte sewe of vyftien jaar aangee). Daar is een jaarnaam vir ’n onbekende jaar tydens sy bewind: "Jaar waarin Adab vernietig is". Volgens tradisie is hy in ’n sluipmoordaanval dood.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Akkadiese konings