Wopke Bastiaan Hoekstra (gebore op 30 September 1975 in Bennekom) is 'n Nederlandse politikus wat aan die Christen-Demokratiese Appèl behoort. Van Desember 2020 tot Augustus 2023 was die CDA se politieke leier gewees. Hy is sedert 9 Oktober 2023 die Europese Kommissaris vir Klimaat, as opvolger van Frans Timmermans.

Hoekstra het in die regte gestudeer aan die Universiteit van Leiden en 'n MBA behaal aan INSEAD in Fontainebleau en Singapoer.

Hy het by Shell in Duitsland en Rotterdam gewerk en was 'n konsultant by McKinsey & Company gewees.

Van 2011 tot 2017 was hy 'n lid van die Eerste Kamer gewees. Van Oktober 2017 tot Januarie 2022 was hy die minister van Finansies in die Rutte III-kabinet gewees. Van Maart 2021 tot Januarie 2022 was hy ook 'n lid van die Tweede Kamer gewees. Van Januarie 2022 tot Augustus 2023 was hy die minister van Buitelandse Sake en tweede adjunk-premierRutte IV-kabinet: Sigrid Kaag (D66) was die eerste en Carola Schouten (CU) is die derde adjunk-premier. in die Rutte IV-kabinet gewees.

Persoonlik Hoekstra het opgegroei in Zeist en woon in Bussum met sy eggenote en vier kinders.

Verwysings

Eksterne skakels Mr. W.B. (Wopke) Hoekstra, Parlement.com

Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Eerste Kamer van die Stategeneraal Kategorie:Lede van die Tweede Kamer van die Stategeneraal Kategorie:Nederlandse adjunk-premiers Kategorie:Nederlandse ministers Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Ministers van Finansies Kategorie:Europese Kommissarisse van Nederland