Erica irregularis is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Hierdie spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor van Stanford tot by Gansbaai. Daar is drie populasies wat bekend is. Die plant is uiters gewild as snyblomme en dit bedreig sy voortbestaan en daar is geen wetgewing wat dit beskerm nie. Ook is die aanwas van die indringerplant, rooikrans, 'n bedreiging vir die plant se habitat. Veldbrande hou ook 'n bedreiging vir die plant in.

Sien ook Lys van Erica-spesies

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

irregularis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika