Die R701 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat Norvalspont met Wepener verbind. Die roete begin digby Norvalspont waar dit van die R58-provinsiale pad aftak. Dit gaan dan ooswaarts, noord van die Gariepdam tot by Bethulie waar die R715 en R390-streeksroetes gekruis word, en volg dan die noorderoewer van die dam, rigting ooswaarts.

Die roete gaan hierna deur Smithfield en deel die N6-nasionale pad vir 3 km, voordat dit noordoos uit die dorp wegdraai. Die roete eindig waar dit aansluit by die R26 by Jammersdrift, 8 km wes van Wepener.

Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika

Bron Dept. Transport

Kategorie:Streeksroetes in die Vrystaat