Die R705 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat Marquard met Frankfort verbind. Die roete begin by Marquard waar dit van die R708-streeksroete aftak en amper noordwaarts gaan na Senekal. Hier gebruik die roete die N5-nasionale pad vir 5 km voor dit aftak na die noordooste. Dit gaan deur Arlington, kruis die R76-provinsiale pad, gaan deur Lindley, kruis die R725, deel die R57 deur Petrus Steyn en eindig waar dit by die R34 aansluit 8 km wes van Frankfort.

Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika

Bron Dept. Transport

Kategorie:Streeksroetes in die Vrystaat