Die R705 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat Koffiefontein met die N12-nasionale pad naby Ritchie in die Noord-Kaap verbind. Die roete begin 12 km noord van Koffiefontein waar die roete van die R48-provinsiale pad aftak. Dit gaan deur Jacobsdal, gaan die Noord-Kaap binne en sluit aan by die N12 digby Ritchie.

Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika

Bron Dept. Transport

Kategorie:Streeksroetes in die Vrystaat