Thomas MacDonald (gebore 21 September 1988), professioneel bekend as Tom MacDonald, is 'n onafhanklike Kanadese kletsrymer, sanger, liedjieskrywer en YouTuber. Sy liedjie "Fake Woke", waarin hy krities is teenoor kanselleerkultuur, wat veral algemeen voorkom in die Verenigde State, bereik in Januarie 2021 nommer een in verkope in die Amerikaanse Hip-hop- en kletsrymgenres en iTunes verkope.
Vroeë lewe MacDonald het in sy tienerjare vir ses jaar as 'n professionele stoeier in Kanada vir die National Wrestling Alliance, Elite Canadian Championship Wrestling, Real Canadian Wrestling, Prairie Wrestling Alliance, en Monster Pro Wrestling gewerk.
Musikale loopbaan YouTube MacDonald het in 2009 met sy loopbaan in rapmusiek begin. Sy eerste album, LeeAnn's Son, is in 2014 vrygestel. Gedurende die tyd het hy sy eie YouTube-kanaal begin met die enkelsnit "Wannabe". Sy aanvanklike sukses het begin na sy 2017-enkelsnit, "Dear Rappers".
Persoonlike lewe MacDonald het in 2017 begin uitgaan met die Kanadese kletsrymer Nova Rockafeller. Hulle is medebestuurders van die punkgroep "GFBF".
Hy woon tans in Los Angeles, Kalifornië.
MacDonald noem The Beatles, Pink Floyd, Led Zeppelin, Black Sabbath, Joe Cocker, Janis Joplin en Aerosmith as musikale invloede en inspirasie. In sy grootwordjare was die eerste albums waarna hy geluister het 2Pac se All Eyez on Me, Eminem se The Marshall Mathers LP https://www.youtube.com/watch?v=kh_TdKQhYjg en Marilyn Manson se Smells Like Children.https://www.youtube.com/watch?v=EH2nZq4w7xk
Diskografie Studio albums LeeAnn's Son (2014) See You Tomorrow (2015) Dream People & the Whiskey Wars (2015) Deathreats (2018) Ghostories (2019) Gravestones (2020) Samewerkings Killing the Neighbors (met Madchild) (2020)
"Mixtapes" MacBeth (2015) Therapy (2017) Flowers for the Dead (2020)
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike YouTube kanaal
Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Kanadese musici