Giuliano di Piero de' Medici (28 Oktober 1453 – 26 April 1478) was die tweede seun van Piero de' Medici ("die Jigtige") en Lucrezia Tornabuoni. Hy het saam met sy broer Lorenzo die Manjifieke oor Florence geheers en sy broer se beeld as "beskermheer van die kunste" gekomplimenteer met sy eie beeld as die aantreklike en sportiewe "goue seun".

Dood Hy is met die aanvang van die Pazzi-sameswering op Sondag, 26 April 1478 in die Duomo, Santa Maria del Fiore, deur Francesco de' Pazzi en Bernardo Baroncelli vermoor. Hy is deur 'n swaardsteek aan sy kop gedood en altesaam 19 keer gesteek. Dit was egter nie die eerste poging om hom en sy broer om die lewe te bring nie; die samesweerders wou eintlik vir Lorenzo en Giuliano uit Florence weglok sodat hulle die broers buite die stadsgrense kon vermoor – aanvanklik op weg na Piombino, en daarna in Rome, en laastens tydens 'n banket wat deur die Medici aangebied is by hulle villa in Fiesole. Giuliano het egter ongesteld gevoel en nie opgedaag nie. Die keuse om die sluipmoord tydens die mis uit te voer was derhalwe op die nippertjie geneem.

duimnael|links|upright|'n Terracottaborsbeeld (omstreeks 1475/1478) van Giuliano de' Medici in die National Gallery of Art, deur Andrea del Verrochio. duimnael|regs|upright|Fioretta Gorini duimnael|links|upright|Pous Clemens VII Giuliano is na 'n nederige begrafnis op 30 April 1478 in sy vader se graftombe in die Kerk van San Lorenzo begrawe. Hy is later saam met sy boer Lorenzo herbegrawe in die Medici Kapel van dieselfde kerk in 'n graftombe wat oorheers word deur 'n standbeeld van die Madonna en Kind deur Michelangelo.

Persoonlike lewe Giuliano was verloof aan Semiramade Appiani Aragona, die dogter van Iacopo IV Appiani.

Giulio di Giuliano de' Medici, Giuliano se buite-egtelike seun by sy minnares Fioretta Gorini, sou voortgaan om Pous Clemens VII te word.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1453 Kategorie:Sterftes in 1478