Cosimo di Giovanni de' Medici, die "Ouere" (Italiaans: il Vecchio), postuum vereer as "Vader van die Vaderland" (Latyn: pater patriae) (27 September 1389 – 1 Augustus 1464), was 'n Italiaanse bankier en politikus en die eerste lid van die bekende Medici-familie wat Florence gedurende die grootste deel van die Italiaanse Renaissance regeer het. Ten spyte van sy invloed was sy mag nie onbeperk nie; Florence se wetgewende rade het regdeur sy lewe weerstand gebied teen sommige van sy voorstelle. Hy is beskou as 'n gelyke, eerder as 'n tiran en outokraat.Martines, Lauro (2011). The Social World of the Florentine Humanists, 1390–1460. University of Toronto Press. p. 8. Sy mag was afkomstig van sy rykdom as bankier, en hy was ook 'n beskermheer van die kunste, geleerdheid en argitektuur.
Biografie
Vroeë lewe en familiesaak Cosimo de 'Medici is op 10 April 1389 in Florence as die seun van Giovanni di Bicci de' Medici en sy vrou Piccarda Bueri gebore. Destyds was dit gebruiklik om die naam van die vader te gebruik in die benaming van die kind, ten einde twee gelyknamige individue te onderskei; dus was Giovanni die seun van Bicci, en is Cosimo se naam dus as Cosimo di Giovanni de 'Medici weergegee. Hy het 'n tweelingbroer genaamd Damiano gehad wat net 'n kort tydjie oorleef het. Die tweeling is vernoem na Sint Cosmas en Sint Damian, waarvan die feesdag destyds op 27 September was; Cosimo sou later sy eie verjaardag op die dag, sy sogenaamde naamdag, eerder as sy werklike verjaardag, vier. <ref>Dale Kent: Medici, Cosimo de'''. In: Dizionario Biografico degli Italiani, Vol. 73, Rome 2009, bl. 36–43, hier: 36; Susan McKillop: Dante and Lumen Christi: A Proposal for the Meaning of the Tomb of Cosimo de 'Medici. In: Francis Ames-Lewis (Red.):Cosimo 'il Vecchio' de' Medici, 1389– 1464, Oxford 1992, bl. 245–301, hier: 245–248. </ref> Cosimo het ook 'n broer genaamd Lorenzio, wat bekendgestaan het as Lorenzo die Ouere, gehad. Hy was ses jaar jonger as Cosimo en was by die familie se banksaak betrokke. links|duimnael| Die laat-Middeleeuse merk van die Medici Bank (Banco Medici) wat gebruik is vir die verifikasie van dokumente. Florence, Biblioteca Nazionale Centrale, me. Panciatichi 71, fol. 1r. Cosimo het sy rykdom en aanleg vir die bankwese geërf van sy vader Giovanni wat aanvanklik 'n geldskieter was en later aangesluit het by die bank van sy familielid, Vieri di Cambio de 'Medici. Giovanni het Vieri se tak in Rome tot 1397 bestuur. Die bank is in drie afsonderlike en onafhanklike entiteite verdeel. Hy het Rome in 1397 verlaat en na Florence teruggekeer om sy eie bank, die Medici Bank, te stig. Gedurende die volgende twee dekades het die Medici Bank takke in Rome, Genève, Venesië, en tydelik in Napels, geopen; die meeste winste is uit die tak in Rome gemaak. Die takbestuurder in Rome was 'n pouslike depositario generale, wat die kerkfinansies in ruil vir 'n kommissie bestuur het. George Holmes: How the Medici became the Pope’s Bankers. In: Nicolai Rubinstein (Ed.): Florentine Studies. Politics and Society in Renaissance Florence, Londen 1968, pp. 357–380; Raymond de Roover: The Rise and Decline of the Medici Bank 1397–1494, Cambridge (Massachusetts)/Londen 1963, p. 46 f., 198, 203; Volker Reinhardt: Die Medici, 4., revised edition, Munich 2007, S. 21; John R. Hale: Die Medici und Florenz, Stuttgart 1979, p. 13; Alison Williams Lewin: Negotiating Survival, Madison 2003, p. 210 f. Cosimo sou later na Wes-Europa uitbrei en kantore in Londen, Pisa, Avignon, Brugge, Milaan, en Lübeck oopmaak. Die feit dat die Medici Bank oor verafgeleë takke beskik het, het dit nommerpas vir die pousdom gemaak, aangesien dit kloosters in staat gestel het om hul fooie by die naaste tak in te betaal, wie se bestuurder dan 'n pouslike lisensie sou uitreik. Dit het dit maklik gemaak vir die pouse om 'n verskeidenheid ware - soos speserye, tekstiele en relieke - deur die bankiers se groothandelsake te bestel. Giovanni sou oor 'n tydperk van vyftien jaar 'n wins maak van 290,791 florins verdien.
In 1415 het Cosimo na bewering die Antipous Johannes XXIII tydens die Raad van Konstanz vergesel. In 1410 het Giovanni aan Johannes XXIII, destyds net bekend as Baldassare Cossa, geld voorgeskiet om die pos van kardinaal te koop, wat hy terugbetaal het deur die Medici Bank die hoof van alle pouslike finansies te maak toe hy as pous gekies is. Dit het die Medici-familie geweldige mag gegee en hulle byvoorbeeld in staat gestel om skuldenaars wat in versuim was om hul skulde te betaal met ekskommunikasie te dreig. Die Medici Bank het egter in 1415 'n terugslag beleef toe die Raad van Konstanz Johannes XXIII ontsetel het, en sodoende die monopolie wat die Medici Bank op die finansies van die Romeinse Curia gehad het weggeneem het; daarna moes die Medici Bank met ander banke meeding. Nadat die Spini Bank van Florence egter in 1420 insolvent geword het, het die Medici Bank weer voorkeur geniet. Johannes XXIII, wat daarvan beskuldig is dat hy 'n groot verskeidenheid oortredings teen die Kerk begaan het, is deur Sigismund, Heilige Romeinse Keiser, tot die Heidelberg-kasteel beperk totdat die Medici sy losprys betaal het en aan hom asiel verleen het. In dieselfde jaar as Johannes se onttroning (1415) is Cosimo benoem tot "Priore van die Republiek [van Florence]". Later het hy gereeld opgetree as ambassadeur vir Florence, met die tipiese omsigtigheid waarvoor hy later bekend sou word. duimnael|'n 16de-eeuse portret van Contessina de' Bardi, die vrou van Cosimo, toegeskryf aan Cristofano dell'Altissimo.
In omstreeks 1415 het Cosimo met Contessina de' Bardi (die dogter van Alessandro di Sozzo Bardi, graaf van Vernio, en Camilla Pannocchieschi) getrou. Die troue is deur sy vader gereël as 'n poging om die betrekkinge met die jarelange adellike Bardi-familie te herbevestig. Die bank was tot sy skouspelagtige ineenstorting in 1345 een van die mees welvarendste banke in Europa; die familie was nietemin steeds besonders invloedryk op finansiële gebied. Slegs 'n deel van die Bardi-familie was betrokke by hierdie huweliksalliansie aangesien sommige van die ander dele hulself beskou het as mededingers van die Medici. Volker Reinhardt: Die Medici, 4., hersiene uitgawe, München 2007, p. 20 f. Die egpaar het twee seuns gehad: Piero die Jigtige (geb. 1416) en Giovanni de' Medici (geb. 1421). Cosimo het ook 'n buite-egtelike seun genaamd Carlo de 'Medici saam met 'n Circassiese slaaf gehad. Hy sou voortgaan om 'n prelaat te word.
Giovanni het hom in 1420 aan die Medici Bank onttrek en die leierskap van die bank aan albei sy oorlewende seuns oorgelaat. By sy afsterwe in 1429 het hulle 179,221 florins ontvang. Twee derdes hiervan was afkomstig van die besigheid in Rome, terwyl slegs 'n tiende uit Florence gekom het; selfs Venesië het beter opbrengste gebied as Florence. Die broers sou twee derdes van die wins uit die bank ontvang, terwyl die ander derde aan 'n vennoot sou gaan. Behalwe die bank, het die gesin baie grond in die omgewing van Florence besit, insluitende in Mugello, waarvandaan die familie oorspronklik afkomstig is. Heinrich Lang: Zwischen Geschäft, Kunst und Macht . In: Mark Häberlein et al. (Red.): Generationen in spätmittelalterlichen und frühneuzeitlichen Städten (ca. 1250–1750) , Konstanz 2011, bl. 43–71, hier: 48 e .; Volker Reinhardt: Die Medici , 4., hersiene uitgawe, München 2007, p. 21; Raymond de Roover: The Rise and Decline of the Medici Bank 1397–1494 , Cambridge (Massachusetts) / Londen 1963, S. 52; John R. Hale: Die Medici und Florenz , Stuttgart 1979, p. 14.
Florentynse politiek duimnael|Cosimo as banneling, Palazzo Vecchio. Cosimo se mag oor Florence het gespruit uit sy rykdom, wat hy gebruik het om die stemme van ampsdraers in die munisipale rade te beheer, vernaam die Signoria van Florence. Aangesien Florence trots was op sy "demokrasie" het hy voorgegee dat hy min politieke ambisie het en nie dikwels openbare ampte beklee nie.
duimnael|Portret deur Jacopo Pontormo; die louriertak (il Broncone) was 'n simbool wat gebruik is deur sy erfgename Nadat die Medici in 1512 teruggekeer het, het Lorenzo di Piero 'n compagnia vir die karnaval van 1513 gevorm, en dit Broncone genoem; die Pontormo-portret is aangevra deur Goro Gheri, Lorenzo se sekretaris.
In 1433 het Cosimo se mag oor Florence 'n bedreiging geword vir die anti-Medici faksie wat onder leiding gestaan het van Palla Strozzi en die Albizzi-familie, met Rinaldo degli Albizzi aan die spits. In September van daardie jaar is Cosimo gevange geneem in die Palazzo Vecchio vir sy aandeel in die mislukking om die Republiek van Lucca te verower. Hy kon egter daarin slaag om die gevangesetting in ballingskap te omskep. Sommige prominente Florentyne soos Francesco Filelfo het geëis dat hy tereggestel word, wat sekerlik sou gebeur het, was dit nie vir die tussenkoms van Ambrogio Traversari nie, wat namens hom gepleit het. Cosimo het na Padua en daarna na Venesië gereis en sy bank saamgeneem en vriende en simpatiseerders teëgekom wat hom bewonder het vir sy bereidwilligheid om ballingskap te aanvaar, eerder as om die bloedige konflik te hervat wat die strate van Florence gereeld geteister het. Venesië het namens hom 'n gesant na Florence gestuur en versoek dat hulle die verbanning herroep. Toe hulle weier, het Cosimo hom in Venesië gaan vestig, terwyl sy broer Lorenzo hom vergesel het. Aangevoer deur sy invloed en sy geld, het ander hom egter gevolg, soos die argitek Michelozzo, wat 'n opdrag van Cosimo ontvang het om 'n biblioteek te ontwerp as geskenk aan die Venesiaanse volk. Binne 'n jaar was die gebrek aan kapitaal in Florence so groot dat die besluit opgehef moes word. Cosimo het 'n jaar later, in 1434, teruggekeer en 'n beduidende invloed uitgeoefen op die regering van Florence (veral by wyse van sy invloed op die families van Luca Pitti en Piero Soderini) tydens die laaste 30 jaar van sy lewe.
Cosimo se ballingskap het by hom die behoefte geskep om ontslae te raak van die faksiegevegte wat aanvanklik tot sy ballingskap gelei het. Ten einde dit te bewerkstellig het hy 'n reeks grondwetlike veranderinge aangebring met behulp van goedgunstige lede in die Signoria, ten einde sy mag by wyse van sy invloed te versterk.
Na die dood van Filippo Maria Visconti, wat die Hertogdom van Milaan vanaf 1412 tot sy dood in 1447 bestuur het, het Cosimo aan Francesco I Sforza opdrag gegee om hom in Milaan te vestig ten einde die dreigende militêre opmars van die Republiek van Venesië in die kiem te smoor. Francesco Sforza was 'n condottieri, d.w.s. 'n huursoldaat, wat grond van die pousdom gesteel het en homself as heerser daarvan verklaar het. Hy het daarna gesmag om hom in Milaan te vestig, welke ambisie aangehelp is deur die feit dat die huidige Visconti-hoof nie enige binne-egtelike kinders gehad het nie behalwe vir 'n dogter genaamd Bianca, met wie Sforza uiteindelik in November 1441 getroud is nadat hy nie daarin kon slaag om die goedkeuring van haar vader weg te dra nie. Die gevolglike magsbalans met Milaan en Florence aan die een kant en Venesië en die Koninkryk van Napels aan die ander kant het byna 'n halwe eeu se vrede ingelui, wat die ontwikkeling van die Renaissance in Italië moontlik gemaak het. Ten spyte van die voordele wat dit vir Florence ingehou het om Venesië se magte weg te hou, was die ingryping in Milaan ongewild onder Cosimo se mede-inwoners, hoofsaaklik omdat hulle die Sforza-opvolging moes finansier. Die Milanese het 'n kort poging tot demokrasie aangewend, voordat Sforza uiteindelik in Februarie 1450 deur die stad as hertog bekroon is.