HD 108236 is a G-tipe hoofreeksster sowat 210 ligjare van die Son af. Sy oppervlaktemperatuur is 5 660 K. HD 108236 het min metale in vergelyking met die Son, met ’n metaalinhoud van -0,28 (52% van die Son s'n), en is moontlik ouer as die Son: 6,7 miljard jaar.
Volgens WISE-sendingdata is verwag die ster sou deur ’n puinskyf omring wees, maar met ’n herontleding van die data is dié hipotese in 2014 weerlê. Die rede vir die valse inligting was besoedeling deur ’n nabygeleë infrarooibron.
Planeetstelsel In 2020 is vier planete om HD 108236 deur die oorgangsmetode ontdek en nog een in 2021.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Sentour (sterrebeeld) Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:G-tipe hoofreekssterre J12261789-5121462 Kategorie:Henry Draper-voorwerpe