Annerie Maria Magdalena Weber (gebore op 2 Julie 1967) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en 'n dienende lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika. Sy is 'n lid van die Demokratiese Alliansie en is in Mei 2019 tot die parlement verkies. Weber het tussen 2015 en 2019 as voorsitter van die DA se koukus in die Nkangala-distriksmunisipaliteit gedien.

Opvoeding Weber het 'n BMus en BA Honneurs in Sielkunde aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Sy het 'n diploma in bedryfsverhoudinge aan die Vaaldriehoekkampus van dieselfde universiteit verwerf. Aan die Universiteit van Suid-Afrika het sy 'n hoër onderwysdiploma verwerf. Weber het 'n moniterings- en evalueringsertifikaat van die National School of Governance behaal.

Politiek Weber was van 2012 tot 2014 die provinsiale direkteur van die Demokratiese Alliansie in Mpumalanga. Sy dien hierna as voorsitter van die party se koukus in die Nkangala-distriksmunisipaliteit van 2015 tot 2019.

In Maart 2018 is sy verkies tot provinsiale voorsitter van die Damesnetwerk van die Demokratiese Alliansie.

Parlementêre loopbaan Na die algemene verkiesing wat op 8 Mei 2019 gehou is, is Weber gekies om die DA in die parlement te verteenwoordig. Sy is op 22 Mei 2019 as lid van die Nasionale Vergadering ingehuldig. Op 27 Junie 2019 het sy haar eerste komitee-opdrag ontvang: Portefeuljekomitee vir omgewing, bosbou en visserye

Verwysings

Eksterne skakels Maria Magdalena Weber by People's Assembly.

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie