Erica extrusa is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Daar is net een populasie wat in die Palmietriviervallei naby Elgin voorkom. Die habitat word bedreig deur indringerplante, wingerd aanplanting en damkonstruksie.

Sien ook Lys van Erica-spesies

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

extrusa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika