Die grasveldtaaibos (Searsia discolor), voorheen Rhus discolor, is 'n struik wat voorkom in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Oos-Kaap, die Vrystaat asook Eswatini en Lesotho. Die struik kan tot 1 m hoog word. Die blommetjies is klein en wissel van groenerig tot gelerig, soms wit. Die struik blom van Oktober tot Mei. Die vruggies verskyn van Mei tot Julie. Manlike en vroulike blommetjies word op afsonderlike plante gedra.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online PlantZAfrica
discolor Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika