Die koraaltaaibos (Searsia magalismontana), voorheen Rhus magalismontana, is 'n struik wat slegs 500 mm hoog word. Die struik is tweeslagtig met manlike en vroulike blomme op verskillende plante. Die struik kom in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap, Noordwes, Oos-Kaap asook Botswana en Zimbabwe voor, op hoogtes van 1 000 m tot 2 000 m.
Die struik blom van Oktober tot November, die blomme is klein en romerig wit. Die vruggies word rooi en ryp van November tot Desember. Die blomme word bevrug deur insekte. Die boom se FSA-nommer is 384.2.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Die plant het twee subspesies: Searsia magalismontana subsp. coddii Searsia magalismontana subsp. trifoliolata
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys PZAfrica SANBI Redlist Plants of the World Online
magalismontana Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe