Die Karookoeniebos (Searsia burchellii), voorheen Rhus burchellii, is 'n struik of klein boom wat hoort tot die genus Searsia. Die spesie is inheems is aan die droër gedeeltes van die Noord-Kaap, Wes-Kaap en die Vrystaat asook Lesotho en Namibië. Die spesie kan tot 5 m hoog word en sy FSA-nommer is 379.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Die plant is gehard, dit weerstaan ryp en droogtes.
Die blommetjies is klein en roomkleurig, die boom blom van April tot Mei. Die vruggies verskyn van Mei tot Julie.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online PlantZAfrica
burchellii Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika