Die Natalkaree (Searsia natalensis), voorheen Rhus natalensis, is 'n struik of soms klein boom wat tot 5 m hoog word. Die spesie kom voor vanaf Oos-Londen tot by Kosibaai, ook verder noord tot in Mosambiek en Oos-Afrika. Dit kom ook in Saoedi-Arabië en Jemen voor. Die struik blom van Augustus tot Maart, die blomme is klein en groenerig-geel. Die vruggies verskyn van Februarie tot Julie. Die plant se wortels en blare word gebruik vir medisyne.
Die boom se FSA-nommer is 390.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Lys van medisinale kruie Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys SANBI Redlist PZAfrica Plants of the World Online
natalensis Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Suid-Afrika