Oudnoors of Ou Noors is die Noord-Germaanse taal wat gepraat is deur inwoners van Skandinawië en sy oorsese nedersettings tydens die Wikingtydperk, tot ongeveer 1300 n.C. Die moderne taal wat die nouste met Oudnoors ooreenkom, is Yslands, waarvan die geskrewe vorm oor die eeue heen min verander het.Omniglot, Old Norse (Dansk tunga), Besoek op 21 Maart 2008

Oudnoors het in die 8ste eeu uit die ouer Proto-Noors ontwikkel tot die moderne Noord-Germaanse tale Sweeds, Deens, Noors, Yslands en Faroëes asook die nou uitgestorwe Norn wat in Shetland, Orkney en die noordelike dele van Skotland gepraat is. Die Wikings se teenwoordigheid het ook gesorg vir talle Oudnoorse plekname in onder meer Skotland,Orkneyjar, Orkney Placenames , Besoek op 21 Maart 2008 Ierland, Engeland en Normandië. Verder is woorde uit Oudnoors in ander tale opgeneem soos Engels en dialekte van Skots, veral in plekke soos die Shetland- en Orkneyeilande.Rob's Old Norse Page , English words of Norse origin , oorspronklik uit "A history of foreign words in English" by Mary S. Serjeantson (1961, Barnes & Noble, NY), besoek op 21 Maart 2008Orkneyjar, The Orcadian dialect, Besoek op 21 Maart 2008

Die meeste sprekers van Oudnoors het die Oudoosnoorse dialek gepraat in wat vandag Denemarke en Swede is. In Yslandse tekste wat uit die Middeleeue dateer, het skrywers beide Oudyslands en Oudnoorweegse dialekte gebruik. Hierdie dialekte is afkomstig van die Oudwesnoorse dialek.

Geen duidelik geografiese grens kan tussen die twee dialekte getrek word nie. Oudoosnoorse eienskappe is in Oos-Noorweë aangetref en Oudwesnoorse eienskappe in Wes-Swede.

Oudgutnies word soms by Oudoosnoors ingesluit omdat daar min daaroor bekend is. Dit word soms as 'n derde dialek beskou omdat dit beide Oudwes- en Oudoosnoorse eienskappe het en ook sy eie eienskappe ontwikkel het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Noord-Germaanse tale Kategorie:Uitgestorwe tale van Europa