Oudnederlands (ook bekend as Oudwes-Nederfrankies) was 'n tak van Oud-Nederfrankies wat gedurende die vroeë Middeleeue (c. 500 - 1150) in Nederland en die noordelike deel van die hedendaagse België (Vlaandere) gepraat en geskryf is, so wel as in dele van noordelike Frankryk langs die Noordseekus. Die taal verteenwoordig die eerste gestaafde stadium van Nederlands en sy dialekte en het later tydens die Middeleeue ontwikkel tot Middelnederlands wat weer tot die moderne tale Nederlands en Afrikaans ontwikkel het.
Eksterne skakels
Kategorie:Nederlands