Åland (Sweeds: Åland, [ˈǒːland], ; Fins: Ahvenanmaa) is 'n argipel in die Oossee. Dit is geleë by die ingang tot die Botniese Golf en vorm 'n outonome, gedemilitariseerde enkeltalig Sweeds administratiewe provinsie en gebied van Finland. Dit is die kleinste provinsie van Finland en beslaan 0,50% van Finland se bevolking en 0,49% sy die grondgebied.

duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Åland duimnael|links|Kaart van Åland Die Ålandeilande bestaan uit die hoofeiland Fasta Åland (waar 90% van die bevolking woonagtig is) en 'n argipel oos daarvan wat uit meer as 6 500 skere en eilande bestaan. Fasta Åland word in die weste geskei van die kus van Swede deur veertig kilometer oopsee. In die ooste is die Åland-argipel so te sê aaneenlopend met die Finse Argipelsee. Åland se enigste landgrens is kort met 'n vreemde vorm; Hidden Europe Magazine, 11 (November 2006) bl. 26-29 ISSN 1860-6318 dit is geleë op die onbewoonde eiland Märket, wat met Swede gedeel word. Dié grens is in 1985 opnuut onderhandel.

As gevolg van Åland se outonome status word die magte wat op provinsiale vlak uitgeoefen word deur verteenwoordigers van die sentrale staatadministrasie in die res van Finland grootliks deur die Regering van Åland uitgevoer in Åland.

Demografie Die meeste mense is Sweeds (91,2%), maar 5% praat ook Fins. Op skool is Sweeds die mees gebruiklike taal, maar in party skole word ook Fins gepraat. Meer as 94,8% van Åland se bevolking is aanhangers van die Evangelies-Lutherse Kerk.

Ekonomie Die euro is die amptelike valuta, maar die Sweedse kroon word ook gesirkuleer.

Verwysings

Bronnelys Algemeen

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Amptelike webwerf van die regering