Die R342 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat van die R335 afdraai noord van Addo en ooswaarts gaan. Dit kruis die N10-nasionale pad in Paterson en gaan dan geleidelik suidoos waar dit by die N2-nasionale pad aansluit. Hier deel dit die pad in 'n ooswaartse rigting vir 3 kilometers voor dit suidoos afdraai en by die R72-provinsiale pad aansluit waar die roete eindig.
Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika
Bron Departement van Vervoer
Kategorie:Streeksroetes in die Oos-Kaap