Die R337 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat die R390-streeksroete by Cradock en die R329-streeksroete by Willowmore via Pearston en Jansenville verbind.
Die roete begin buite Cradock waar dit van die R390 aftak in 'n suidwestelike rigting, dan verby die Nasionale Bergkwaggapark en oor die Swaershoekpas en Buffelshoeknek gaan voordat dit die R63-provinsiale pad kruis in Pearston. Vanaf Pearston gaan die pad nog steeds suidwes en sluit aan by die R75-provinsiale pad voor die Soutpansnekpas voor Jansenville. Vanaf Jansenville gaan die roete feitlik wes, deur Klipplaat met 'n verspringende kruising waar dit die R338 kruis, oor die Swanepoelspoort en sluit dan by die R329 aan buite Willowmore.
Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika
Bron Departement van Vervoer
Kategorie:Streeksroetes in die Oos-Kaap