Mark Reed Levin (; gebore op 21 September 1957) is 'n Amerikaanse prokureur, skrywer en radio omroeper. Hy is die aanbieder van die gesindikeerde radioprogram The Mark Levin Show, sowel as Life, Liberty & Levin op Fox-nuus. Levin was werksaam in die administrasie van President Ronald Reagan as die hoof van personeel vir Prokureur-Generaal Edwin Meese. Hy is die voormalige president van die Landmark Legal Stigting. Verskeie van sy boeke was topverkopers, en hy lewer kommentaar aan mediahuise soos National Review Online. Levin is sedert 2015 hoofredakteur van die Conservative Review en is bekend om sy insiggewende kommentaar.

Hy is al beskryf as regs wat sy politieke beskouings betref. Hy is bekend vir sy strawwe kritiek teenoor die Demokrate en aanmoediging van voorverkiesings teen Republikeine wat hy beskou as "Republican In Name Only" (RINO). Hy het Senator Ted Cruz tydens die Republikeinse presidensiële voorverkiesing in 2016 onderskryf en homself verklaar as 'n "Never Trumper", maar tog uiteindelik vir die toe-kandidaat Donald Trump onderskryf nadat Trump die Republikeinse benoeming gewen het. Levin se kommentaar was sedert die begin van President Trump se ampstermyn sterk pro-Trump.

Verwysings

Eksterne skakels

The Mark Levin Show amptelike webwerf Landmark Legal Foundation

Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Lewende mense