Rush Hudson Limbaugh III (; gebore op 12 Januarie 1951, sterf op 17 Februarie 2021) was 'n Amerikaanse radio omroeper, konserwatiewe politieke kommentator en skrywer. Hy is veral bekend vir sy radioprogram, The Rush Limbaugh Show, wat van 1988 tot 2021 uitgesaai word.

Limbaugh was van 1992 tot 1996 die gasheer van 'n televisieprogram. Hy het reeds sewe boeke geskryf; sy eerste twee, The Way Things Ought to Be (1992) en See, I Told You So (1993), was topverkopers. Limbaugh is van die hoogsbetaalde persone in die radio-industrie. In 2018 het Forbes sy inkomste gelys as $84.5 miljoen. In Desember 2019 het Talkers Magazine beraam dat Limbaugh se radioprogram 'n kumulatiewe weeklikse gehoor van 15.5 miljoen luisteraars gehad het en sodoende die mees geluisterde radioprogram in die Verenigde State was.

Limbaugh is sedert die 1990's een van die grootse meningsvormers van die konserwatiewe beweging in die Verenigde State. Hy is ook ingelyf in die National Radio Hall of Fame en die National Association of Broadcasters Hall of Fame. Tydens die State of the Union toespraak in 2020 het President Donald Trump aan hom die Presidensiële Vryheidsmedalje ("Presidential Medal of Freedom") toegeken.

Limbaugh het deurtastende en indringende kommentaar gelewer oor kwessies soos ras, gay aangeleenthede, feminisme, en toestemming tot seks. Limbaugh ontken dat daar wetenskaplike konsensus oor sogenaamde klimaatsverandering bestaan, en het militere ingryping in die Midde-Ooste ondersteun.

Op 14 Mei 2012 is Limbaugh ingewy in die Hall of Famous Missourians. 'n Brons borsbeeld van Limbaugh word vertoon by die Missouri State Capitol Gebou in Jefferson City, saam met 40 ander ontvangers.

Op 4 Februarie 2020, 'n dag nadat hy aangekondig het dat hy aan gevorderde longkanker ly, was hy 'n gas van President Donald Trump tydens die State of the Union toespraak in 2020, waar die eer hom te beurt geval het om die Presidential Medal of Freedom te ontvang. Limbaugh is op 17 Februarie 2021 aan longkanker oorlede. 'n Voormalige roker, het Limbaugh in 2015 die verband tussen rook en kankersterftes bevraagteken.https://www.mercurynews.com/2020/02/04/rush-limbaugh-denied-smoking-risks-in-2015-smokers-arent-killing-anybody/

Verwysings

Aanhalings

Bronne

Verdere leeswerk

Geselekteerde bibliografie

Eksterne skakels

The Rush Limbaugh Show official site

The official site for Two if by Tea advertising the Adventures of Rush Revere

Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Sterftes in 2021