Walter Theodore "Sonny" Rollins (7 September 1930 – 25 Mei 2026) was 'n Amerikaanse tenoor-saxofoonspeler wat jazzmusiek gespeel het en wye erkenning geniet het as een van die mees invloedryke jazzmusikante. Hy het meer as sestig albums opgeneem as "bandleader". 'n Groot aantal van sy komposisies, insluitende "St. Thomas", "Oleo", "Doxy", "Pent-Up House" en "Airegin", het standaardwerke in die jazzrepertorium geword. Rollins is al "die grootste lewende improviseerder" en die "Saxofoon Kolos" genoem.

Vroeë lewe Rollins is gebore in New York Stad. Sy ouers was afkomstig van die Amerikaanse Maagde-eilande. Hy is die jongste van drie kinders en het grootgeword in Harlem en Sugar Hill. Hy ontvang sy eerste alt-saxofoon op die ouderdom van sewe of agt. He woon die Edward W. Stitt Junior High School by, en matrikuleer aan die Benjamin Franklin High School in Oos-Harlem. Rollins bespeel aanvanklik die klavier, maar slaan later oor na die alt-saxofoon. In 1946 slaan hy uiteindelik oor na die tenoor-saxofoon. Gedurende sy hoërskooljare speel hy in 'n groep saam met toekomstige jazz legendes soos Jackie McLean, Kenny Drew en Art Taylor.

Invloede Rollins was aanvanklik as saxofoonspeler aangetrokke tot die Jump blues- en R&B klanke van kunstenaars soos Louis Jordan, maar is vinnig ingetrek in die hoofstroom tenoor-saxofoon tradisie. Die Duitse kritikus Joachim-Ernst Berendt beskryf hierdie tradisie as synde tussen twee pole: diè van die sterk sonoriteit van Coleman Hawkins en diè van die ligte, buigsame frasering van Lester Young. Ander tenoor-saksofoon invloede sluit in Ben Webster en Don Byas. Teen die middel van sy tienerjare is Rollins sterk beïnvloed deur die alt-saxofoonspeler Charlie Parker. Gedurende sy hoërskooljare was sy leermeester die pianis en komponis Thelonious Monk; hy het dikwels repetisies gehou by Monk se woonstel.

Instrumente Rollins het by verskeie geleenthede 'n Selmer Mark VI tenoor-saxofoon en 'n Buescher Aristocrat instrument bespeel. Gedurende die 1970's het hy 'n sopraan-saxofoon gebruik vir sy opnames vir die album Easy Living. Sy verkose mondstukke word gemaak deur Otto Link en Berg Larsen. Hy maak gebruik van Frederick Hemke medium rietstukke.

Verwysings

Verdere leesstof Blancq, Charles. Sonny Rollins: The Journey of a Jazzman. Boston: Twayne, 1983. Blumenthal, Bob, and John Abbott. Saxophone Colossus: A Portrait of Sonny Rollins. New York: Abrams, 2010. Broecking, Christian. Sonny Rollins: Improvisation und Protest. Creative People Books / Broecking Verlag, 2010. Médioni, Franck. Sonny Rollins: Le Souffle Continu. Paris: Editions MF, 2016. Nisenson, Eric. Open Sky, Sonny Rollins and his World of Improvisation. New York: St. Martin's Press, 2000. Palmer, Richard. Sonny Rollins: The Cutting Edge. New York: Bloomsbury, 2004. Theard, Christine Marie. It's All Good: Colossal Conversations with Sonny Rollins. They Are Divine Books, 2018. Wilson, Peter Niklas. Sonny Rollins: The Definitive Musical Guide. Berkeley: Berkeley Hills Books, 2001. Wyatt, Hugh. Sonny Rollins: Meditating on a Riff. New York: Kamama Books, 2018.

Eksterne skakels

Sonny Rollins Biography and Interview on American Academy of Achievement Detailed Discography at Jazzdisco.org Sonny Rollins papers, 1910s-2015 Schomburg Center for Research in Black Culture, The New York Public Library. Sonny Rollins audiovisual collection from his personal holdings Schomburg Center for Research in Black Culture, The New York Public Library.

Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 2026 Kategorie:Amerikaanse komponiste Kategorie:Amerikaanse musici