duimnael|200px|Portret van Graaf Rastrelli soos geskilder deur Pietro Rotari Francesco Bartolomeo Rastrelli (Russies: Франче́ско Бартоломе́о (Варфоломе́й Варфоломе́евич) Растре́лли; 1700, Parys, Koninkryk van Frankryk – 29 April 1771 in Sint Petersburg, Russiese Ryk) was 'n Italiaanse argitek wat hoofsaaklik in Rusland werksaam was. Hy het 'n geredelik herkenbare styl van laat-Elizabethaanse barok ontwikkel wat weelderig, majestueus en verhewe was. Sy grootste werke, insluitende die Winterpaleis in Sint Petersburg en die Katharina-paleis in Tsarskoye Selo, is bekend om die uitspattigheid en weelderige dekorasie daarvan.
Biografie In 1716 verhuis Bartolomeo na Sint Petersburg, wat vier jaar vantevore die nuwe Russiese hoofstad geword het. Hy is vergesel van sy vader, die Italiaanse beeldhouer Carlo Bartolomeo Rastrelli (1675–1744). Sy ambisie was om die nuutste Italiaanse argitektuurmodes te kombineer met tradisies van die Moskouse Barok-styl. Sy eerste belangrike opdrag kom in 1721 toe hy gevra word om 'n paleis te bou vir prins Demetre Cantemir, die voormalige heerser van Moldawië.
Hy word in 1730 as senior hofargitek aangestel. Sy werke het guns gevind by die vroulike vorste van sy tyd, en hy het hierdie pos behou gedurende die heerskappy van keiserinne Anna (1730–1740) en Elisabeth (1741–1762).
Rastrelli se laaste en mees ambisieuse projek was die Smolny-klooster in Sint Petersburg waar keiserin Elisabeth die res van haar lewe sou deurbring. Die kloktoring sou die hoogste gebou in Sint Petersburg en die hele Rusland word. Elisabeth se dood in 1762 verhinder egter dat Rastrelli hierdie groot ontwerp voltooi.
Die nuwe keiserin, Katharina II, het Barok-argitektuur afgemaak as outydse "slagroom", en die bejaarde argitek het dus afgetree in Courland, waar hy toesig gehou het oor die voltooiing van die hertoglike paleise.
In sy laaste jare het hy obskure handeltransaksies met Italiaanse kunshandelaars aangegaan. Hy is enkele maande voor sy dood verkies tot die Ryksakademie van Kunste. 'n Stadsplein voor die Smolny-klooster dra sedert 1923 Rastrelli se naam. Hy is die onderwerp van 'n komposisie getiteld "Rastrelli in Sint Petersburg", wat in 2000 geskryf is deur die Italiaanse komponis Lorenzo Ferrero.
Tien bestaande geboue wat deur Rastrelli ontwerp is #BeeldNaamLiggingDatum 1 150px Rundāle-paleis Pilsrundāle naby Bauska 1736–17401764–1767 2 150px Jelgava-paleis Jelgava 1738–17401763–1772 3 150px Peterhof-paleis Peterhof naby Sint Petersburg 1747–1755 — 135px Peterhof-paleis kapelle Peterhof naby Sint Petersburg 1747–1751 4 115px Sint Andrew's Kerk, Kiëf Kiëf 1748–1767 5 115px Smolny-klooster Sint Petersburg 1748–1764 6 150px Vorontsov-paleis Sint Petersburg 1749–1757 7 150px Katharina-paleis Tsarskoe Selo (die dorp Pushkin) 1752–1756 — 150px Hermitage-pawiljoen Tsarskoe Selo (die dorp Pushkin) 1749 8 150px Mariyinsky-paleis Kiëf 17521870 9 150px Stroganov-paleis Sint Petersburg 1753–1754 10 150px Winterpaleis Sint Petersburg 1754–1762
Boris Vipper spekuleer dat Rastrelli sy laaste (en onvoltooide) ontwerp vir die Neoklassieke-herehuis naby Mitava gemaak het.
Gesloopte geboue
#BeeldNaamNotasLiggingDate 1 150px Annenhof Gebou van hout, vervang deur die Katharina-paleis Lefortovo Distrik, Moskou 1731verplaas in 1736afgebrand in 1746 2 150px Anna se Winterpaleis Vervang deur die Winterpaleis Sint Petersburg 1732–1735gesloop in 1754 3 150px Somerpaleis Gebou van hout, vervang deur Sint Michael se Kasteel Sint Petersburg 1741–1744gesloop in 1797 4 150px Winter Kremlinpaleis Vervang deur die Groot Kremlinpaleis Moskouse Kremlin 1747–1756herbou ingesloop in 1837
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Russiese argitekte Kategorie:Italiaanse argitekte Kategorie:Geboortes in 1700 Kategorie:Sterftes in 1771