Die vlamlelie (Gloriosa superba) is 'n giftige knol- en rankplant wat wydverspreid in Afrika voorkom. Dit staan ook as die vuurlelie, boslelie, geelboslelie of rooiboslelie bekend. Die blomme word uitsluitlik in die somer voortgebring. Die kleur van die sierlike kroonblare wissel van gebied tot gebied, en kan rooi, oranje of geel wees. Die vrug is 'n kapsule wat etlike rooibruin sade vrystel. Aanraking kan velirritasie veroorsaak, maar die plant word ook gebruik as medisyne of rate vir 'n hele reeks kwale en parasiet-infestasies, of om wonde te disinfekteer. Dit is die nasionale plant van Zimbabwe.

Sinonieme Die spesie het sestien sinonieme:

Eugone superba (L.) Salisb. Gloriosa angulata Schumach. Gloriosa cirrhifolia Stokes Gloriosa doniana Schult. & Schult.f. Gloriosa lutea Mast. Gloriosa nepalensis G.Don Gloriosa rockefelleriana Stehlé & M.Stehlé Gloriosa rothschildiana O'Brien Gloriosa superba f. angustifolia Kuntze Gloriosa superba var. angustifolia Baker Gloriosa superba f. doniana (Schult. & Schult.f.) T.Durand & Schinz Gloriosa verschuurii Hoog Methonica doniana (Schult. & Schult.f.) Kunth Methonica gloriosa Salisb. Methonica senegalensis Poit. Methonica superba (L.) Crantz

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online PlantZAfrica

superba Kategorie:Blomme Kategorie:Rankplante Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe