Die skoenveterkopieva (Bulbine pendens) is 'n plant en geofiet wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is inheems in die Noord-Kaap in die Richtersveld asook Namibië by Rosh Pinah. Die plant is aangeteken in Paradyskloof, Gannakouriep asook die Rosyntjieberg. Dit is ook aangeteken in Skaaprivierspoort noordwes van Springbok. Die plant groei in skeure in die kranse in die skadu's en is seldsaam. Die blare en blomme hang. Die blomme is geel.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online PZAfrica
pendens Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika